Geluk se goue draad.
Geluk se goue draad. Desember het aangebreek! Vir my beslis die wonderlikste tyd van elke jaar. Tyd vir sonskyn, soel someraande en samesyn. Volgens die woordeboek beteken samesyn – ʼn toestand van saam met mense te wees; om in ander se geselskap verkeer. Kersfees is die tyd waar familie en vriende saam tyd spandeer om […]
likeur
vol stof en padmoeg kom hulle hier aan in sulke optogte van oral se registrasies so ver as die noorde selfs dié ooskus daag ook op vir plesier en mooiweer het hulle gekom handoeke en strandsambrele sonbrand middels en baie kiste bier meeste mense darem goed gemanierd arme weskussers betaal weer van vroeg in november […]
kleinste
die onbelangrikste in Sy koninkryk is ‘n spikkel in Sy skepping maar ‘n oneindigheid in mense-kennis om die kleinste in Sy koninkryk te wil wees moet jy deur die enigste poort Jesus Christus gaan ©Teárlach
dribbel
koue winters oggend die ryp kraak onder sy voete boeksak oor die skouer gehaak trippel hy vrolik oppad skooltoe gedurig besig met sy voete dribbel hy die rugby bal swaar van die nat ryp gly dit saggies aan in sy gedagtes net een ding daardie laaste paar treë oor die doellyn met sy groen springboktrui […]
wasig
ek reik uit na die sterre my siel sweef ver in die kosmos my soeke na ‘n plek van vrede my hart bons van verwagting my ikarus-vlug neem my ver bo alles in die skepping wat bekend is altyd soekend na die vredes planeet telkens opgewonde, nooit tevrede my eenvlerkvlug skroei my onvervuld begin ek […]
AS EEN MENS SAAM IS
AS EEN MENS SAAM IS as een mens saam is in groepsformaat of sielsalleen soek ieder soort na eie soort en ploeter onverstaanbaar pleeg haastig onverklaarbaar pleit bykans onderhandelbaar geheel en al blindelings voort as een mens saam is in groepsformaat of sielsalleen lê ieder soort by ander soort en pik soos voëls van enerse […]
stryd
stap ek op die reguit pad dan swaai my kop steeds heen en weer in die wind winde van veranderinge wat my gedagtes wil aflei my voete vind die reguit pad my gedagtes dwaal nog weg pyn en seerkry in flitsende lig bedwelm van medisyne-pille dwaal my gedagtes aweregs my lewe wil by regverdig bly […]
Die wonder van Kersfees.
Die wonder van Kersfees. Dit is amper Kersfees. Vir my is en bly Kersfees ʼn wonder, maar ongelukkig het die wêreld hier wondergebeurtenis kom verander in tyd vir vakansie en geld spandeer op onnodige dinge. Die “blink wonders” in winkelsentrums en op televisie het ons blind kom maak. Blind vir die ware Wonder wat gebeur […]
Wegstap gedagtes (goud)
Soms stap mense aan party draai om (soos Lot se vrou) ander gee net eenvoudig nie om nie ék stap maar net voort meeste medemense stap ook sommer net party van hulle is kompasfoos rigtingloos en bestemming gek my bure gaan nêrens nooit hul bly net hier jy het weggestap hy het ingestap ek was […]