wit hond byt seer
sy tande verberg glip deur jou vel priem deur jou lyf maak jou gou lam dra jou soos hy wil verdamp soos gas gooi jou waterpas verlore geveg vel knor hy vir jou dan luister jy so-nie is jy weg reguit hel toe moet nie stop reguit sy slaaf wit hond(blits) verdra nie onreg ©Teárlach
Eensaam
Wanneer die abstrakte afwesigheid van jou frekwensie-draende teenwoordigheid soos bliksemstrale deur my verlate kosmos eggo om verduisterde vlaktes te verlig, weet ek; nou dat jy weg is is alles weer reg. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
Die ongenooide gas
Ek kom sonder dat ek jou ken, of jy my genooi het om my ander wang ook te draai – ritmies op die klank van “ in my lewe” soos Mathys dit aflys, en ek dans met my hoepelbeen op jou voorstoep want jou voordeurklokkie het ‘n dowwe dong-dong deuntjie wat die mis voor my […]
DONDERDAG – Bedrog
[In die volksmond leef die een soort swartspan — dis hulle wat Sondag (moet) werk. (Of hulle dan die res van die week vry het?) Die ander span is ook swart geklee: Die kaste van die regspleërs, ook bekend as die juriste.] ☼☼☼☼☼☼ DONDERDAG – „Juristerei”: Bedrog By die mondelinge eksamen kom die vraag van […]
L’art poetique
Myself het ek uiteindelik gevind dis die logos wat my kosmos aanmekaar bind. Jubelend kan ek bely: “Ek is ‘n digter ‘n poëet! Jihaa! Handré-hie-handré! Ek is vry!” My woorde waai wapperend in die wind my muse krul holrug in my bakhand mak gemaak in my gees se skadukant. Gooi my letters in jou rooiwyn […]
Hart van ys
Op die breë bors van winter lê ek my kop nou saggies neer; ontasbaar ver en (toe)gesper – klappertand in ‘n kleed van kapok koud, stil – enkel in my eenvoud. Ek ken hierdie hart; die kil klop wat koenig gletsers teen berge kan afsuur net om respek te ontplek of dalk nuwe lewe uit […]
Fortuna
In die halfsirkels van jou ribbekas wil ek behore heelword, teen die klop van jou hart myself tot rus sus; uitgedos in die (opr)egtheid van jou genaakbaarheid. Is daar vir só geluksaligheid genade? As mens betowerd van genot; tevrede terugsak in jou eie teuels bloed deur jou are voel pomp wind deur jou hare laat […]
Die nag
Drie uur in die môre raak jy aan my hart soos maanligstrale wat sag oor bruisende branders streel; ‘n halwe eeu doen jy dit al weergalm melioristies deur my nag asof ‘n ewigheid altyd op ons sal wag. Melkwegwaarts slaan ek my oë soms op, in die diepdonker stort vreemde sterre neer tydloos soos diamante […]
Erfnis
Die pen sweet swaaiend in haar hand woorde hannekraai deur ink strepe wanneer sy kwyn na stof en sand sal hul akkoorde blom met haar lettergrepe. Vir haar kinders wou sy wees ‘n ware moeder in vlees onsterflik in gees ‘n boorkern sonder vrees. © Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Fênsy woorde sonder kappies
Ek wou ook soos jý leestekens oor my woorde lê want jy kon die klem verskuif toonhoogte só aangee. Met ‘n alt 136 het ek toe ge-ê sonder om veel te sê soos ‘n Hadida net vlugloos ge-ê-ê want jy, my kind was vir my die wind wat my vlerke sou laat vlieg oor jou […]