ouma vertel
vaalgrys tente modderige voetpaadjies stofstorms voor die reën in tente gebind alleen mammas kinders oumas oupas vermaar en verguis jong vroue verkrag verag nag geluide slepende kettings spore uit te wis om kampdrade huilende siekes hoesende longe murmurerende stemme wat Bybel lees in Hollands roerende gebede vir krygers wat nog in veld verhonger en bittereinder […]
Soetlief en die ondier
Terwyl die son skuins hang in die hemelruim en alles wat aan bome moes bloei verdroog kruipend teen die grond rondsleep, dobbel ek met karma – daar is te min tyd en geloof; te veel geld en goeters wat windgejaagd nagestreef word en iewers in ‘n stad woon daar mense in opgedinkte tronke en hier […]
Die skadu van Bitterberg
Donker skadu’s omvou my seer dompel my lied in diepe hartseer rou kneus my kwesbaar, verbleikte groue-hart verweer in die muf van ʼn verlore wêreld my knieë sluip stil oor die lewenstog met hart versink in stapels gitswart roet uit my donker hoek ʼn verskeurde snik barbaarse-lewe in my kosbaar bloed verdrink hier waar my […]
Vlugteling
My pen lê hier langs my hy weet waarheen ek nou wil vlug – die papier was nog nooit so wit en ek was nog nooit so ver van nou; in die tweede laaste reël van hierdie gedig sal jy smeek om saam te kom want net verby Sodom en Gomorra, op die grens van […]
rol modelle
onder vals ligte op ‘n strand skreeu ‘n groep musikante hul gesing klink na geween hul wysie gekners van tande rondom wieg en wip tieners in pseudo hipnose verdwaas drank, dwelms en vrye dop klere swaai en siele verraai bo in hul dubbel luukse suite sit en suip ouers vrolik dronk gewetenloos oor kinders se […]
Ek hou vas, ek Belowe!
Ek wens ek kon jou vashou Ek wens jy was nog hier Ek wens ek kon verstaan hoekom jy weg moes gaan. Ek mis jou soos die blare na reën druppels op hul verlang en die alleenheid in my siel maak my eintlik bang. Daar is hande in die gat die gat diep in my […]
Denensie nr 5
Kyk, hier is my hande saamgevou voor my prewelende stem, hoor jy my krete saggies na binne ruk? Voel jy my woorde wat hoendervleis oor die hemelwand hef? Proe jy my trane wat wanglangs drup oor niks; oor jou; oor alles en almal want jy het siels-stil geword en ek hobberend in ‘n hel van […]
Die twee rooi liggies
Die twee rooi liggies (Riller – nie vir sensitiewe lesers) Vannand is ‘n bai e koddige aand. Nie koddig in ‘n snaakse of grappige manier nie, maar koddig in die sin van “vreemd”. Daar’s ‘n vreemde gevoel hier in my nuwe blyplek, ‘n vreemdheid oor die plek en sommer so ‘n vreemde gevoel in my […]
16dae van Aktivisme abuse
16dae van aktivisme van abuse hemel mense word net wakker en kom net by ons lewe in die nuwe eeu van die kind derduisende verongeregte vroue en kinders vrouens en kinders het ook regte hulle word mishandel en verniel mense kan jou soms lelik seermaak of bang maak om jou seer te maak of bang […]
Resensie: Die film, EEN-EN-TWINTIG GRAM
Die film: EEN-EN-TWINTIG GRAM Voor die finans-krise al het ‘n ou Griek, ‘n ou, ou Griek, geskryf dat ‘n verhaal ‘n aanvang, ‘n middeldeel en ‘n einde het, Aristoteles? Sokrates? Die drie dele hoef nie in díe volgorde te verskyn nie, maar dis daar, dis bestanddele van die geheel. ‘n Feit. Menige storievertellers neig om […]