Verlossing
ek sou vir my ‘n wolk bid voor die warm son ek sou ‘n donderwolk bid as ek dit net kon een met volop water in haar binnebuik een wat mildlik reën stort uit die oorloop van haar boeppenskruik ek sou vir my ‘n wind bid wat noordwes waai een wat nogal koud voel een […]
HERE U IS
Here U is Here U is my enigste ware vriend ek smag om U vir ewig te dien mag ek U liefde waardig verdien Here U is my enigste ware vriend U het my eerste raakgesien by U kan ek nagte om bid Here U is my enigste ware vriend ek smag om U vir […]
Brokkelstukke
Brokkelstukke tussen lewensstasies waar treinspore gly spoed die lewe verby los my met gebroke spasies tussen brokkelstuk en skerf asems van gister se goed en sleg word my palet geverf vind ek daagliks my weg my asem wasem teen die ruite lewe stoom voort daar buite skakerings van groen en blou sien ek deur my […]
Die ongenooide gas
Ek kom sonder dat ek jou ken, of jy my genooi het om my ander wang ook te draai – ritmies op die klank van “ in my lewe” soos Mathys dit aflys, en ek dans met my hoepelbeen op jou voorstoep want jou voordeurklokkie het ‘n dowwe dong-dong deuntjie wat die mis voor my […]
Gebroke
In smartbevelkte skadus ‘n gevangene van verdriet. Gestrooi oor verlate vlaktes trane oor jou skerwe gegiet. Leeg in jou gebrokenheid Verlore in jou spyt. Breek oop die donker Laat die lig deur syfer. Skud af die as van gister & sien wat Liefde offer. Dans in die kaleidoskoop van vrede en hoop. © Carla Visser
VERWAGTING
(Vroeër het die warm son soos ‘n hellevuur gebrand, deur die dynserige hemel bo die purper krans se rand) VERWAGTING Dis die einde van Oktober en die middag is al laat. Bo die boulevard (in Brackenfell) en die karre in die straat, oor die hoogtes en die heuwels waaragter Bolandberge kring – hang die donker […]
In ‘n blou droom
sien ek jou op my pad huis toe. Jy ry deur Paradysstraat op ‘n blou fiets. Jou broek en hemp lyk sag – ‘n ligte denimblou. Jou oë is blou. Jou oë lag en jy waai vir my. Jy lyk gelukkig … en ek is bly, want jy was so lanklaas werklik gelukkig. © Carma […]
Vir ‘n malgas
Soos ‘n malgas – by Lambertsbaai – wat altyd weer terug huis toe kom en neerstryk op eilande van sand (na ‘n dag van wind en weer en water) om rus te vind op land – só was jy nog altyd. Weggevlieg, maar omgedraai soos ‘n malgas doen by Lambertsbaai. © Carma Shaw 28 Oktober […]
Genadefees
hier word die nagmaal bedien dis die fees van die genooides die boemelaars en on-erkendes wyn en brood gratis voorsien uitgestorte genade onbeperk ook vir die sonder kerk © Anzé Bezuidenhout