My denke
huilend wolf my verlange oor die krom van die sekelmaan aandblomreuke salf die kneusings van my siel terwyl bidwoorde fetus op die hemel van my tong blindelings klingel windklanke in braille deur die heilige branders van my denke wat in algeblaar huil dan kry my woorde nuwe voetvlerke en ry sorgloos oor die pieke van […]
‘n Geroeste sleutel
Michael staan voor die spieël, sy borskas oop, die metaal hart se ratte en buise besig om stadiger te tik-tak-tok, die bloed stadig deur sy are te pomp. Sy hart, anders as meeste mense s’n, is geroes en die ribbe-agtige metaalomhulsel gebuig en plek-plek ‘n dooie roesbruin in plaas van ‘n gesonde grys-silwer. Hy tel […]
Jolyt
As die lig van die volmaan oor my straal wil ek my skoene uitskop, my hare losmaak my hande hoog gooi, dans asof niks my traak onder derduisende sterre wat saam my verdwaal. want die lewensreis is ‘n Weense wals al galm die simfonie soms so effe vals. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
WEES U MY VRIEND
WEES U MY VRIEND Vers 1 Wees U my Vriend, as mense my verlaat wees U my wysheid, as ek soek na goeie raad wees U my geneesheer, as ek siek is vol van my pyn wees U my kragbron, as my eie kragte begin kwyn Vers 2 Wees U my Vriend, as mense my […]
VOETSPORE IN MY HART
VOETSPORE IN MY HART Vers1 Jou voetspore in my hart is diep, in my siel, vas gebrand jy laat my hart nog bewe ons verlede is vergewe Vers 2 Jou voetspore in my hart is diep, in my siel, vas gebrand verlange, na ons verlede verlang ek, na ons vrede KOOR: Jou verlange in my […]
Asvaal Prinses Deel 2
Carina teug gelukkig aan haar koffie. Nie eens die feit dat dit al hoe kouer word hoe langer sy drink kan haar gevoelens verander nie. Haar stiefsusters sweef die eetkamer binne, besig om oor die bal te klets en kyk nie eens in haar rigting nie. *Jy kan die res van die verhaal […]
‘n Vers vir jou
Met my vinger vers ek jou naam – traan vir traan deurdruppel in ‘n winterskwatryn hierdie lewe was nooit ons s’n nie, en dit wat ek nog wou sê sal vir eers in ‘n vers moet lê want woorde is grensloos soos jou stem nou, spoorloos. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Maanlig drome
Ek (en jy) en die sekelmaan het mekaar altoos mis verstaan ek wou ‘n droom vir jou baar onder die maan se wiegende ligsnaar. Iewers in my dol kop se galop los jy toe enkel-reënspore oor die hoogste sandbank in my hart se woestyn. Net soos die stukkie maan in die diep swart hemelruim spartel […]
Lykwoorde
(“Actions speak louder than words”) Bleek bewus van die wete dat sommige eggo’s deur klankbane gis en teerheid verbrokkel tot ‘n afsoen metafore gebaar in snikke onder lykwoorde om van alles ‘n leë fasade te maak opsoek na ‘n bietjie warmte in ‘n hart van staal Soms word woorde stil-gebore gewieg deur die wese van […]
Lila mymerings
Fluweel sag kruip hierdie nag oor die voue van my dag my vlerke sleep stofstrepe oor alle helder voetspore en vernielde verlange. Papgeplukte drome val sekuur vas teen die maanlig-mas van hierdie ster beligte nag. Hang my tog teen jou versies vanaand nog, asseblief woord-vir-woord herskryf my tog tot bywoner van ‘n gewone grote bestaan […]