
WEES U MY VRIEND
WEES U MY VRIEND
Vers 1
Wees U my Vriend, as mense my verlaat
wees U my wysheid, as ek soek na goeie raad
wees U my geneesheer, as ek siek is vol van my pyn
wees U my kragbron, as my eie kragte begin kwyn
Vers 2
Wees U my Vriend, as mense my verlaat 10
wees U my wysheid, as ek soek na goeie raad
Wees U my anker, as die storm waters my wil mee sleur
die Gare wat vaswerk as my lewe uitmekaar skeur
Vers 3
Wanneer U my Vriend, as mense my verlaat
wees U my wysheid, as ek soek na goeie raad
wees U my stut wanneer ek op moeilike paaie loop
wees U my Vertroue as ek voel daar is geen meer hoop
Koor:
Wees U my Vriend, wanneer ek in vrees moet lewe
wees U my Vriend, as ek myself moet vegewe
duisend maal dankie, Here dat ek dit van U mag vra
duisend maal dankie, Here dat U my deur alles dra
Dankie, Almagtige Koning U is my enigste Vriend
Eleen van Deventer Vorster
Kopieregte voorbehou
liedjies tekoop kontak my e-pos
eleen.vorster@gmail.com
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.