Vriendskapsboom
Jou stam het wortel geskiet in die holronde hut van my hart fyn takkies toi-toi om my tong gebladert dans jou groen spore deur die binneruim van my denke my geestesvrugte deur jou aangekweek. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Kerende seisoen
skarlankenrooi bloeiselbreek my lag deur die klanke van ‘n nuwe skeppingsdag verby die natwimper worstelings van gisterdae wat wou dolosgooi in my hart benede Hemelse vaandels reënboog ‘n wedergeboorte onder hisopstingels wat edik verruil vir wyn dan bars ‘n drie uur duisternis oop in die soel songroet van jou vat terwyl jou mond warm in […]
Om te vlieg
Nou dat jou beeld in my maan skyn (straal-blink oor die wye oseaan) kan ek my vlerke sprei om die donker aan te durf want die soet van jou vingerpunte hang aan elke glansende golf. Ja, nou dat verdwaal my ontkwaal kan ek waag om vry te vlieg – Venus te omsirkel met my mooiste […]
Fases
Augustus se nagblom hang vol in die lug oor sy wang rol ‘n saffraan traan tussen my en hom is daar geen brug; drie maal kraai ‘n hoenderhaan; ñ ek en jy krummel tot stof. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
‘n Ons is geen pond
Na alles wat gebeur het wonder ek nou in my waan, waar presies ek met jou staan; jý, vol in jou sekelmaan, sou my nooit kon verstaan enkel in my eenvoud (kompleks in jou duet) soos gister se son sonder ‘n baan wentel jy rond sonder bestaan duister belig of laag gelig terwyl jy dryf […]
My Eiland
Diep binne my lê ‘n klein eiland van klei hier stof tyd my altoos af hou ek my soms so bietjie laf glip oor die rand van jou swaar vrag. Diep binne my versoen ek myself met die ware jy dans ons in ‘n draaikolk vol drome loop ons ook saam deur storm sterk strome. […]
Gebed van ‘n digter
O, Gewer van woord en klank foneties spel ek my digtersdank gedagtes gegiet in prosa-taal gevorm tot ‘n sielsverhaal Vertel elke sin van lief en leed pleng my wese oor insig reeds vergeet My eie dwase plagiaat – gereed vir set Bytel ek steeds die skepping tot esteties na hemele gebring Laat my nie die […]
Inkubus
The thermometer of success is merely the jealousy of the malcontents – Salvador Dali Sy moes haarself ook ontvorm; vasgevang in die vlaktes van vergetelheid (in ‘n rustelose misnoegde droom) moes sy met swaar voete wat stadig slapend sleep- soos een wat met dooie vlerke probeer vlieg treetjie-vir-treetjie vorentoe stoei; om haar oogkorrels oor die […]
Tussen seisoene
Terwyl ek die son se strale deur my hare trek, treetjie-vir-treetjie deur die somers van my lewe stap staar ek verdoold na dié vergete plek; sy soene het my indertyd reeds ontsnap. Winter het barbaars en hard geskop met kil krete wat kleefkoggel soms wou ek die vlaktes in galop, maar die kosmos het geril […]
Die son, maan en die sterre
My liefde vir jou, is werklik oneindig. Jy dra my op jou hande, en daarvoor is ek altyd dankbaar, onthou, maak nie saak wat gebeur nie, tussen ons of in die lewe, ek is altyd lief vir jou, ons moet altyd vergewe, al kan ons nie altyd saam baljaar. My lief, my hart se dief, […]