Wonderdroom
Sy het geslaap, onder ‘n boom vasgevang in ‘n wintersdroom. Dit was ‘n versterde stem, van ver wat bẩẩh-blah-blah soos ‘n bok sonder bler. Sy wou so graag weet hoe om te gister vergeet. Haar hand het sag rond ge-aai; traan-langs geskoppelmaai. Soet het haar siel gebloei asof sy met Goliat stoei. Verwarring het haar […]
Hou die mooi
“Though we travel the world over to find the beautiful, we must carry it with us or we find it not – Ralph Waldo Emerson” Só staan sy toe staar na die sterre skitterend oor die donker nag; een vir een pluk sy hulle sit dit in haar sak, want soms is die dag so […]
Terstonde Drange
Hierdie keer sal ek probeer om die stiltes in my binneruim sonder taalpatrone of lyne oor my naakte lyf; net vir jou om te keer. Want vrolik en vrouehartig wurm ek in walms van wanhoop- deurdring met diep drange om my onverdeelde hart te oorwin. Hierdie keer sal ek regtig hard probeer om saam met […]
Hoop fontein
daar waar niks of niemand ooit nog was nie geen mensevoet geen dier se spoor selfs geen sweempie eens van riet of gras nie daar waar dit net klip en duin en sand is met ‘n son wat bloedig skyn (in die ongenaakbaarheid van ‘n woestyn) – dáár borrel ‘n fontein en as ‘n Hagar […]
Die Bosluis
Die Bosluis Bring my terug aarde toe ek vra mooi, moenie huiwer aangesien realiteit my reeds nooi, red my uit die beswyming wat my omhels soos ‘n bosluis wat net aanhou klou vas byt geen berekening gehou net ‘n destruktiewe aanhangsel wat parasiteer aan my siel sonder keer net die aanhoudende verniel wat my insluk […]
Muisbruin
Met my muisbruin haartjies, My sproete en tande sonder draadjies, Met my seer-blou naels en klein voetjies Trap ek treurig en soetjies Die lewe deur en betwyfel Met elke tree My lewenspad in al sy weë, Ek bekommer my oor oorloë En honger kindertjies En brandmaer hondjies Sonder mamma ‘s Ek bekommer my oor die […]
Sing jy van blomme
Nou dat sy gaan na die stil ongebraakbaarheid van yl vergetelheid– lywig van buite; (met bitter min wat binne agterbly) nou wil hy die afstande verwens waarin hy haar metamorfies gekelk het na sy somber sin; net om sy hande in haar onskuld te was haar waters van rus troebel te laat bloei met jou […]