Tussen reënboë en doringdraad
ek weet die lewe loop maar só (en meestal vind ek my) tussen engel en kalant sagte soene ‘n oorveeg tussen Edenstuin en Godsverlaat tussen reënboë en ‘n doringdraad © Carma Shaw
Vonnis
‘n vonnis so finaal is bepaal witjas jurie kom na vore liggaam geboë frons tussen oë bekwaamstes staan verslae nog ‘n uitklophou deur die groot K die nuus wat hul dra maak hul goedkoop van regverdigheid gestroop die vonnis word gevel wyd oop poorte van die hel ‘n lewenslange lyding net die dood bring bevryding […]
Tyding
minute, ure tik verby my oë kyk na bo terwyl tyd deur die uurglas gly in ‘n wit hospitaalgang waar hoop en wanhoop wipplank ry om my is soveel lyding ek moet bly glo bly wag op goeie tyding in my hart weerklink ‘n lied God se boodskap in my wese gegiet ek weet ek […]
Verlossing
ek sou vir my ‘n wolk bid voor die warm son ek sou ‘n donderwolk bid as ek dit net kon een met volop water in haar binnebuik een wat mildlik reën stort uit die oorloop van haar boeppenskruik ek sou vir my ‘n wind bid wat noordwes waai een wat nogal koud voel een […]
My meisiekind
jou mooi siel weerkaats in diep poele water in die woestyn is ons my oase uit jou oë put ons krag dag vir dag bring jy koel lafenis vir al wat seerkry mens en dier is jy bring ons na oases wat heel dit wat jy het word met ander gedeel uit die diep poele […]
Droomvanger
gooi jou net wyd uit om jou drome wat aan die hemelkoepel hang in ligstrale vas te vang te bind met ‘n goue lint dit jou eie te maak my kind reik uit na die verste ster want ek weet jy kan my swaweltjie wat hunker na die blouste blou op lugstrome van ons liefde […]
Vlinder
my begin wurm gering… deur vuil voete getrap voete wat ongeërg wegstap onder blare weggekruip het ek ontluik veilig in my kokon toegevou stil gewag op God vertrou kunstig geweef in verborge geheimenis ontluik tot dit wat ek is ‘n vrou wat lewe dra wat die vreugde en pyn leef van ‘n ma wat geboorte […]
RESENSIE: Die WÊRELD van die WUNDERLICHS, die film
Die WÊRELD van die WUNDERLICHS, die film „’n Screwball-komedie on the road” het dit die regisseur en draaiboekskrywer genoem. Screwball beteken soveel as mal- of gek-wees. Dit kom waarskynlik uit die biljaart- of bofbalspel: ‘n Bal wat soos ‘n kurktrekker draai as dit afgeskiet of gegooi word – iets só onmoontlik dat dit heeltemal mal […]
Roos van hoop
‘n Roosknop wat groei op ‘n ashoop sonder liefde sonder hoop se hart gaan moeilik oop maar in U lig kry ek dag vir dag krag om my los te skeur deur die rommel van my lewe voort te beur my weg te vind myself te wees sonder vrees om in genade te kan groei […]
BESOEK UIT DIE OOSTE
Laat een stikdonker nag, reis drie kykers van sterre uit die Ooste, na ’n ster wat bo ’n stal op hulle wag, na ’n krip van ’n Koning pasgebore. Met geskenke wou hulle hulde bring en oorhandig aan Hom, wierook, mirre en goud, wyl engelekore hul lofliedere sing, oor Hy wat gekom het vir ons […]