Doodmoeg!
Doodmoeg! Hierdie tyd van die jaar ervaar die meeste van ons dieselfde probleem: die doodse moegheid! Ongeag of jy student, werkende grootmens of bejaarde is, die moegheid bekruip jou ongemerk hierdie tyd van die jaar. Onder leerlinge en veral die matrieks wat gereedmaak vir die finales eksamens of universiteits studente hoor jy dieselfde klagte: “Tot […]
Die Kaapse Klopse.
Die Kaapse Klopse. Almal in Suid-Afrika en veral Kaapstad is vertroud met die jaarlikse skouspelagtige Kaapse Klopse. Klopse is ʼn woord wat afgelei is van die Nederlandse woord: klubs. Die onmenslike gebruik van slawerny was ʼn wrede werklikheid wat in die Kaap bestaan het van 1653 af, in die tyd van Jan van Riebeeck se […]
ek droom… (Silwer)
madeliefie in die hand en wonder of die liefde my ooit weer sal besoek min-hy-my-vergeet-hy-my het hy ooit geweet van my?
Skoolverlaters: vakansie is om te geniet.
Skoolverlaters: vakansie is om te geniet. Dit is amper weer sulke tyd! Die jaar staan einde se kant toe. Na twaalf lang jare breek die eindeksamen uiteindelik aan vir die matrieks. Vir sommige is hierdie tydperk nie so ʼn groot nagmerrie soos vir ander nie, die tyd is min vir voorbereiding en die einde is […]
Kop vol idees
Die kop vol idees, die hart vol vrees. Die gedagtes is erger as die bome wanneer die wind daardeur waai, Die hart se gedagtes is swaar gelaai. Die kop wil sy eie manier volg sy eie spore trap, Maar die hart bly vas skop, Dalk kort die kop maar net so bietjie van ‘n klap. […]
bloedbrief (silwer)
bloedbrief in die holte van die berg se hand blaas wind rimpels oor die water wat patrone spoel oor die sand en die dag word oopgebreek in skakerings van oranje en rooi wat lig en hitte bring en prente teen die kranse gooi rug teen ‘n uitstaan klip wag sy die eerste strale in met […]
Wegstap gedagtes (goud)
Soms stap mense aan party draai om (soos Lot se vrou) ander gee net eenvoudig nie om nie ék stap maar net voort meeste medemense stap ook sommer net party van hulle is kompasfoos rigtingloos en bestemming gek my bure gaan nêrens nooit hul bly net hier jy het weggestap hy het ingestap ek was […]
Eendag
Eendag Hierdie gedagtes moeilik om te verwoord onmisbare leemte in my moederskoot tannie van vele die is ek beslis kindjie van my eie is wat ek erg mis Soveel paartjies deel ook my smart intense verlange in hierdie vroue hart so baie sê daar is ‘n doel en ‘n rede tog die antwoord stel my […]
Emosies, gevoelens en bedoelings
Emosies, gevoelens en bedoelings Elke sin kom van diep uit die kamers van my hart liefde, blydskap, seer en soms ook verward al my emosies word sorgvuldig neer gepen steeds wil dit voorkom of jy my nie regtig ken Onbeskryflik lief is ek vir jou tog kan ek skaars vandag van jou hou jy het […]
As jy val
As jy val staan stadig seker al val jy weer gesig teen die vloer lê ‘n oomblik as jy moet maar staan sterker vir die wêreld om te sien die wenner binne jou!