Swart
Swart gee my ‘n swart roos die kleur van rou die kleur van dood die kleur van donker geen kleur(e) meer nie slegs swart verf alles net swart donker hou daarvan donker is my vriend ons ken mekaar al jare ons hou van swart (smart) geen son, slegs duisternis wanneer donker my omarm met sy […]
ogies toe!
slaap nou ogies toe! my skat my rykdom my hoop my trots my vreugde my liefling seun! mag jy sterk wees in dade goed, opreg en suiwer wees dapper en in jou hart edel trou en vol geloof en krag maar nou, vaak silwer maanlig in jou oë saggies soos sterre skyn vonkel hemel tower […]
Trek aan my serp
Trek aan my serp ek skryf vir jou ‘n brief hier uit vroegherfs se onthou daar was blare uit die lug wat roesbruin oor jou vou my gemoed was lig dog swaar toe jou liefde, stuwend dors dringend maar vol halt wintervat vooruit ontspoor herfs het ook vir jou ‘n kaalbasmus gebrei die geur kan […]
tower sterre stof!
soesj dogter-kindjie slaap soet wees stil kleintjie soesj! die duiwe koer heelnag deur tydings van hoop en liefde! sluimer veilig vreedsaam in jou bedjie ogies toe handjies gevou tevrede ag lieflike meisie-kindjie sag toegedraai! raak weg sorgvry en verloor jou in hemelse vreugde en genot ‘n tower sterre-stof kleed van wonders!
Versprei
Sy behoort nie aan iemand nie. Sy behoort nie aan ‘n man nie. Haar siel is fyngetrap in stukke getrap lank gelede deur baie mense die stukkies het verpoeier en is opgeneem met die wind en versprei deur die heelal en soms as jy gelukkig is kan jy van die stukkies sien blink in die […]
Duskant Hermon
(As mens van Tulbagh af Kaap se kant toe ry, by reeds geoeste koringlande en stapels strooibale verby) sien jy genade in die beeste (langs ‘n koel stroom) teen die wal en in die ampersomerwolke – wat soos asem – oor die kranse en deur klowe van ’n Boland blouberg val. © Carma Shaw 20 […]
Onheilspellend (soos liefde)
Die mis het oor die berg gehang nou-die-oggend-vroeg … … en ek het weer na jou verlang die mis en koue weer het my laat wroeg oor jou oor ons en ek was bang (eintlik was ek net moeg) maar ek was bang dat jy my binnekort sal wil keer om verder my hart oop […]
versteende boom
lae opmekaar gestapel soos jaarringe van oeroue boom hoeveel jare het jy al daar gestaan hoeveel jare het jy gelê na jy geval het hoeveel jare het dit geneem vir wind en water om jou so te verniel waarvan getuig jy vandag waarvan wil jy vertel blaai oop jou verhaal sodat ek kan lees eendag […]
hier is ek
op my duin is daar bosse droë fynbossoorte met diep wortels wortels wat aan brak-water gewoond is wortels wat floreer op soet reëndruppels nat mis sproei van die see voed hul blare maar droogte maak uiteindelik sy indruk vel en bruin staan die gevolge daar is ons ook so droog in ons siele dat elke […]
droë digter
koning van my duin sit ek en wonder wat pla in my hart brand daar skeppingsdrang wat my al besig hou vir dae soos woorde op my tong wat telkens speels afglip voor ek dit kan vaskeer op die leë wit papier waaroor ek soos in droë woestyn heen en weer marsjeer ©Teárlach