H O O P
hosannas beier deur die sterrenag herdenk die heiligheid van hierdie aand met leë woorde doofstom klanke op die pelgrimstog van H O O P hulde word gebring met wierook, goud en mirre word die stal gevul met reuk van gras genade uitgestort want Vrede die kan ons nie koop sonde word versoen van krip tot […]
Die ses letter woord
Die ses letter woord Vir die vrou in ‘n liefdelose huwelik, vir die man wat voel hy het misluk vir die kindjie wat by die weeshuisvenster uitstaar vir die jongmens wat nie meer sy eie lewe wil bewaar. Almal het dit nodig, almal hunker daarna almal wys dit nie noodwendig want hul weet nie hoe […]
Patos
‘n Reis onderneem langs wilde roetes is die een van besieling want hartstog ontkiem daar waar dit vind dat dit kan blom sonder tong en stom is soms luider as sonlig vir ‘n blinde of as liefde vir n onbeminde
tydloos
soos golwe in drieë of getalle van vyf die strand nader so is die jare van ‘n mens ook van seun na pa en oupa tot oupa grootjie min sien ooit verder so bou golwe op in krag so neem hul krag ook af val soms soos karthage en romeinse ryk in eindelose rommel neer […]
Branderwoorde
Vloed en eb beweeg deur siel en gees stort uit oor die strand se lewens sand Branderwoorde bly rol en rol die strand vol maar letters is hol Hul betekenis in tyd hul waarde kwyt op die lyn van verslyt Spoel op spoel bly dit woel maar die hart bly immer koel
Tinktinkie
Hoor… Hoor jy dit? Die fyn getik tik van ‘n tinktinkie se pik Hoor… Hoor jy nou? Die liefde roep jou Roep ‘n hart so flou Hoor… Luister gou na die roepstem van opregtheid en trou Tinktinkie fyn met jou lyfie klein hoe vind mens liefde so opreg, skoon en rein?
Hierdie wêreld en sy seer
Oor die veld hang gepêrelde druppels met grasveld al dansend in die vroegmore-wind die hemelse groete van liefde wat bind so hunker my siel na U my heilsame Vader vroeg beaam die voëls met sang U liefde en vrede in U hand gevind bedelend die hart van die sondaar vanwaar my hulp, van U o […]
Die mens, sy Anker en sonde
Woorde wat borrel en bruis laat merke in lewens en harte soms vrede en vreugde soms hartseer en pyn die glinster van die tong subtiel soos die slang in die nag wriemel en krul, wikkel en kul ʼn wrede en giftige spul maar tog dan die wolsagte woorde wat sagkens in ʼn miswolk versluier vrede […]
Twyfel
O, wat ‘n doring in my vlees om al een te wees wat blykbaar twyfel Wonderskoon die droom om nes die mensdom om my, perfek te troon Ek stap alleen my hindernisbaan van lewensbestaan met vlaktes om my heen Gevul met doringtakke vol trane, twyfel en pyn terwyl ek wag vir sonlig om op my […]