Ou Mure
mure dra dakke balke vol platte lek reën nou in die veld. mure gee vensters hout omvou nusse tonnel koud nou in die veld. mure dra kleure op klei vasgevang son verbleik nou in die veld. mure vol stene hardgebak gepak dagha blus nou in die veld. mure vol passie sweet herinnerige alleen nou in […]
to-ten-taal
– agter gehaal lê my duin se sand vertel van gisteraand toe golwe gejaag en kom lê het – agter gelaat lê my hart se punt op die berge van gister toe lewe, lewe was en kom rus het – to-ten-taal is die gevoel van klaarheid oud wees begrip – ©Teárlach
Liefdeslas (BRONS)
Een Korinthiërs dertien teen jou yskas as aanklag van die liefdeslas: teen jou selfkastydende standaard staan hul liefde wat in misbruik ontaard. Ek is bly jy is hier. Kom, ek skink jou nog ‘n bier. Ek glo ons sal die liefde en hoop kan verdrink voordat jy loop. Een Korinthiërs dertien wys wat vals is: […]
Hunkering
(Cantena Rondo) In laaste strale van die dag verrys ‘n skel geskree van ‘n tarentaal sag in die agtergrond vertel ‘n paddakoor hul verhaal in laaste strale van die dag verrys ‘n skel geskree van ‘n tarentaal kom sit hartsverlange sag in ‘n traan weef beelde van onthou onder wakende oog van maan verrys ‘n […]
HEIL DIE LESER (goud)
Ek bewonder mense soos jy wat met oordeel lees asof jy dit self kon skryf jý wat daar sit met jou halfleë mond vol verlossings letters en afgeronde text asof jy weet hoe dit voel om benoud wakker te raak met woorde wat jou aanval * in die stort in die middel van die nag […]
Knapsekêrel
jy klou vanaand weer knap aan my onthou laat ver ver drome tollend swymel-swaai om doelgerig weg te vind na diep geheimenis wat jare lank al gebalsem lê met gloor wat geil gloed oor die psige van my lewe word weereens net gespan vir krapperige vurkpyltjies wat plaend anker aan elke roof kom hang gun […]
hunkering
. in elke man se hart bly daar ‘n hunkering van onvolkomenheid selfs na jare se geluk en saamwees kan dit steeds wees . in elke vroue hart bly daar steeds hunkering na dié volmaakte maat selfs na jare se geluk en saamwees kan dit steeds knaag . in elke mens se hart bly daar […]
ag Afrikaans, my Moedertaal (Brons)
wanneer ek poog om jou diepste wese neer te pen gaan soek ek jou in die onrustige hart van ‘n Cumulonimbus wolk op die kruin van die magtigste golf in die dreun van ‘n dond’rende waterval (soms, desperaat) in die broos van ‘n donsveer vir jou kan ek nie na waarde skat óf skryf en […]
Uitgeput (BRONS)
Uitgeput Sy’t gereeld gekom vir haar sknouerpyn: daardie vaag omskrewe plek – nóg skouer, nóg nek. Ek’t getrou gevryf aan haar sknouerpyn en peinsend probeer peil wat presies haar só opkeil. Maar ál wat verdwyn was haar sknouerpyn. Want het beide van ons nie tog maar geweet nie: verlange is geensins ‘n oppervlakkige skeet nie. […]