skemer wense (BRONS)
in sagte skemer smag my siel na jou en stuur my hart seine uit soos Cupido-pyle soekend na sy skyf jy rondomtalie my met jou potblou oë skoppelmaai my deur jou drome soos kindjie klein vermaak jy my met stories en verhaaltjies oor die reis waarop ons sal wandel ek mis die lyne van jou […]
Mensmin is baie
Ek het nie baie nie, het ek vandag weer besef, maar ek kan woorde vir jou omdop sodat jy saam met my op water kan loop dit in my eenvoud raam, terwyl my oë halflyf deur jou siel sink my vingers oor jou kortrib streel verby die sagkant van jou sixpack tot jy snak-snak-snak en […]
Niemandaland
Vat my weg saam met jou sodat ek nie van binne hoef te sterf nie vat my na vreemde plekke in jou arms en laat my hang aan jou warm lippe vat my terug na tuine vol tinktinkies swaaie wat wolkver kan strek of naamlose plekke soos dié waar koplewe ‘n revolusie raak vat my […]
Blinde avontuur (Silwer)
jy was aan my tafel en ek was woordstom oor jou lyf jou oe jou mond jou houding jou styl het afgevryf soos ‘n lofgedig of ode (ongesensor vryhandstyl) fyn op brailpapier geskryf en ek die blinde leser se hande gloei soos vuur kom saam kom met verwagting op hierdie blinde avontuur bring jouself jou […]
Die genot van ‘n kykpartytjie (Brons)
Vanoggend was die sonsopkoms vir my asemrowend mooi en dit het my ver laat terugdink aan ons kinderjare op Oupa en Ouma se plaas. In tye van afsondering dwaal mens se gedagtes nogal baie terug na die ou dae, die dae van ware vryheid en dit hou mens aan die gang. Vir meeste van ons […]
Jou Verstaan
as ek woorde gehad het om jou te beskryf het ek dit gister al gedoen maar woorde lê ver wanneer jy die verstaan van my hart in jou gedagtes vorm deur jou kyk weet ek daardie twee oë spreek boekdele van elke bladsy in my hart dan vorm ek letters en skommel dit want woorde […]
Die aandlied roep
saggies neurie sy ‘n lied die onthou van gisters so vars wanneer sy tuur deur die venster oor die plaas heen soete gedagtes onthou sy hope van grondboontjie lande koringare so deur vingers geglip waar die stroom water eens was lê nou net n droë paadjie geroes staan hy daar by die dam die ou […]