Meimaand se mantra
Iewers op die oewers van my lewe het Meimaand jou kom kry. Jy wou weet of my son jou ook sal vergeet, of sy strale jou voetspore sou afmeet in die lig van my volmaan waar drome ruimteloos deur die lug sou sweef. Jy wou weet of jou stem sou dwaal deur die gedagtegange van […]
Jy prikkel my sintuie
ek proe jou naam in die wasem van purperwinde wat soos engelvlerke oor duinesand vloed in die soet reuk van wilde jasmyn en blou vergeet-my-nietjies maak ek gerwe doudrup-onthou met kringe van ‘n fluweel son vas ‘n kyk gevul met heide-drome wat laatmiddag deur oker-wolke huppel om so die horisonbeker in my irisse oorvol te […]
Ek wil deur jou storm breek
ek wil my woorde soos ‘n vlamrooi klimop teen jou latwerk laat rank jou siel met Picasso-woorde op die sagte moeseliendoeke van jou oog se kyk verf deur die vloed van jou drif wil ek oor branders loop en D A N deur jou storm breek waar ek in jou wese (asemloos en stil) anker […]
Jy ‘s my Papawer-son
waar my beeld ‘n tango dans in die loom dagbreek van jou oë wil ek wit aronskelke kweek sodat ek die eggo van jou stem tussen die ragfyn blare in wit kan raam, sodat jou asem my telkens weer soos ‘n somersbries kan omhels as my naam deur die branders van jou warm lippe breek […]
Jou wese
jy baadjie my met jou kalmte daar waar soveel onnodige vrese sekel aan die koepelruim met jou warm kyk strooi jy bosse geel magrietjies vol in blom en jou asem, jou asem laat my stom op gure reëndae knars jou hitte vir my die soutsee in die geurigste, lieflikste patee soos die anker van my […]
Vrou
ek is in die draai van die lewe se wiel in die sagte roering van jou siel in doudruppels wat aan roosblare hang voor die son dit in goud opvang ek is kosmos wat groei langs ’n vaal teerpad jou soeke na ‘n kosbare skat die water wat skater oor blink klippies in die voor […]
‘n Hart vol hoop
En selfs terwyl ek wonder verloor tyd sy aanslag met elke sekonde wat val hunkerend, smagtend, smekend na dit wat was kom wees of net dalk nog sal kom. Rippellend deur waters waar rus is (ridder van dié kabbels) vloei ek saam deur strome van tyd triomfantelik met oorgawe, maar steeds bly die einde verliggend […]
Vlinderliefde
brose vlinder kunstig geweef in die geheim toegevou in ‘n kokon het ontluik toe jou lippe myne raak ‘n sagte roering van ‘n oeroue gevoel van lewe het deur my gespoel ‘n vlinder het ontwaak tot volle wasdom gekom toe jy my joune maak vir een ekstatiese oomblik lig-verblind gereed om my vlerke te sprei […]