Oopvoublom
Die bye zoem by die oorhangkrans oor jou wat my drome binnedans en die windjie dra jou vel se geur verbloem in die passie van jou fleur. O, ek smag soos ‘n by wat na jou toe kom om heuning te drink as jy oopvou blom want dan sal ek nektarsoet bly fees In jou […]
Gister is ‘n ver land (ballade vir Mary-May)
Vér in die verre verlede op ‘n dag in 1910 het die mooiste kleine baba haar eerste lewenslig gesien en wyl sy wieg in moedersarms was haar pa so trots en bly hy sing vir haar ‘n lullaby en hul noem haar, Mary-May. In die herfs van 1930 stap Mary langs die strand en ontmoet […]
Soet Teugies Heuningtee
Soet Teugies Heuningtee Die liefde is so uiters delikaat soos die duursaamste en fynste porseleinkoppie teen jou lippe aan as jy die liefde indrink soos teugies soet heuningtee— Dis kwesbaar soos ‘n kleine voëltjie in growwe onsimpatieke hande wat dit soos roosblaartjies kan kneus— Die liefde is ‘n paradoks van sagte brose teerheid maar pynlik […]
Engel
Engel Die bleekheid van die dag gaan ongemerk by haar verby. Groot trokke donder voort in die rigting waarin sy strompel op die pad langs haar. Sy lek haar droë lippe af. Haar gedagtes warboel en chaos sonder vorm. Engel lig haar oë langsaam op van die gruis en teer. Die son se hitte stu […]
Pa, soms onthou ek nog . . .
As die noordweswind so winterkoud waai dan sien ek weer hoe sit jy by die kers met die groot boek, wat rustig op jou skoot lê en hoor ek weer jou stem se klank in vers. Pa, soms sien ek daardie ruiter met die afkop op sy skimmelperd so reguit uit die hel en vlug […]
My drie wense
lank gelede toe ek ‘n lampie optel het ek in gedagte begin vryf my hand maak sirkels terwyl ek drie wense hoog in die lug skryf nommer een was eenvoudig, mooi en sag ek wens dat jý -net vir my- jou lag sal lag nommer twee was baie diep ek kon dit nie keer maar […]
Jou naam in sterrestof
Jou naam het ek met sterrestof in die maan se buik loop skryf wyl die sterre skaam beaam as planete swewend verbydryf Toe die son sy goudstraal kwas sonneblom hoof hemelwaarts rig stap ons kaalvoet deur die kraal om room vir koffie te loop haal Met ons mandjie boepensvol van biltong, vrugte en neute sprei […]
ZELDA HFSTK 7
Dit is n week later wat Zelda Paul nader roep waar sy op die rekenaar besig is. Toe Paul om die lessenaar stap en agter haar gaan staan wys sy na die skerm. Uit wat Paul lees sien hy dat De la Rocha Enterprises groot elektriese kontrakteurs is wat wêreldwyd werk. Wat sy oog dadelik […]
In die soepelheid van jou krag
soggens as die kartelson in warboel met klanke van geel oor die Westerkim ontplof dartel die tortelkoer van genadeduiwe soos ‘n heil’ge siterspel op fladdervlerke na Bo Tambotieboom in die bruingloed van henna en rooiborsduif wat in blare soos granaatpit in skarlaken blom en iewers in die agtergrond die Neushoring wat binnemonds brom met malse […]
Kriewelrig
Heimwee huiwer om my mondhoeke want my gedagtes vroetel rond waar woorde kielie. My hart glimlag stiller, stil by onthou van die kriewelgogga wat jou gekrap het, toe ander te diep kyk. Kinderlik jou ooglid se pluk, toe jou hart skrik by die besef geluk…ruk skielik weg.