ander-see
– met eerste lig se strale sweef my siel guitig oor branders wat lewe bring aan die wit strande waardevolle plant- en diere reste uitspoel oor die wit sand – wat my siel sien spoel oor ‘n aarde van onreg en onmin is ‘n ander see van geweld en bloed wat spoel oor mense lewens […]
gemoed
– met eerste druppels wat saggies neersif uit front ja kouefronte bring ons reën wil my gemoed sag ween – nog ‘n lang man het verhuis gaan rus onder lang winter-bome wat ewe rustig in ligte wind ruis so mik en druk my gemoed – met elke deinende golf spoel daar los gewerkte plante uit […]
Besoedeling (goud)
Wat kan ek doen om dit te stop wat maak ek met die seer van die aarde en ander se harte wat kan ek sê wat voldoende sal wees iets sonder die verkragting van gaia, mens en dier iets wat alles en almal kan red want ons verwoes mekaar. Wat maak ek met hierdie pyn […]
Leef voluit (Brons)
(Verminderde heksa-verse) As die ooste-wind sag aan jou deur klop en koue saam bring met beloftes van sagte wit vlokkies dan is winter hier vir ‘n wyl sodat algar rustig verkeer kort voor lank klop lente aan ons deur so leef voluit nou. © Taai Bonthuys
met
– byna sonder aanraking sweef haar voete oor die strand soos my siel heeltyds die see verken deur oë wat ver sien en deur die mis priem so verdwyn afstand en tyd in daaglikse stryd – met flukse hande en flink verstand vorder die jeug van ons land van klein tot groot, in maalstroom van […]
Luna-Diana
Luna-Diana Maanlig Monk Mank sit honde vir die maan en tjank in my hart weergalm heimweë-aanklank my voete dans oor die hemelboog sien ek maan uit splinternuwe oog nes ‘n hert … in sy loog wil ook ek hier soog Met my natuur sinchroniseer ek met jou satelliet sonder magneetveld atmosfeer hidrosfeer het ek geleer […]
Vir Sy splinternuwe Kind
Vir Sy splinternuwe Kind. In grys, op heuwel, deur newels verberg goedkoop sloop onkundiges die rykdomsberg heuwelhoog stroom hoop, reën feite in trane uit ‘n liggaam verskeur gedane vasgespyker aan groet en bloed hang Wonderbaar’smoed In klip en gruis – vergruis aan ‘n kruis skeur vleis as lewensspys swyg stig stik ruk sig traan-oë wat […]