Lewe le^ wyd oop vir ons
Die lewe le^ wyd oop vir jou!! Oop toekoms met uitdagings en keuses wat wag. Meningsvraag is of dit werklik so maklik is om dit vir ons nuwe generasie vandag te vertel hiervan.. Sal hulle luister? Na matriek is die lewenspaaie vir jongmense n’ oop veld van keuses. Studeer of eers rus jaar om te […]
arg
– mistiek van die see stories van meerminne verlore seemanne vervloë afgode van die wye oseaan totale onbekendheid daarvan dui op mens se tekort aan kennis van al die branders van die see lê mens se kennis braak maar mens se gedagtes wek vals gesigte op in virtuele realiteit speletjies wat lok kinder gesiggies tot […]
Donsveer-woorde (Goud)
in die dorre landskap van menslike onvrede soek ek vergeefs na die geel van ‘n helder sonneblom om my weer terug te lei na die oewers van daardie plek waar waters van rus geluidloos oor my kan spoel waar ek met woorde sag soos donsvere in die skadu’s van lig die son se strale kan […]
NAAK GEDAGTES (goud)
Soms maak jy my sinne klaar wanneer my woorde met stoptekens begin veral op plekke waar my asem vaagweg agter gate uitloer buiteklanke my skuilplek raak selfs wanneer klewerige stiltes aan my spore klou terwyl ek toekyk hoe arende hoog bo my siel om en om in sirkels sweef ek weet ek raak soms weg […]
Drafbrakke (Goud)
wag daar my honne wag daar vir my uitpluk die sonskyn voetpad die rant die grasspriete wag in die klipspringer land slaap soet my brakke rus sag vanaand môre lê kromklip afdraai in hand ek weet julle hunker na die koppie se kant lui lui die fietsklok vasmaak die skoen daar’s blaf in die sê-goed […]
Terugblink oomblik
Terugblink oomblik Leef oomblikke om van te lewe dank God vir wonderlike tye kan opstaan en voort strewe wil nog soveel doen in lewe Oupa en ouma kyk uit bewonder sit op stoep van hul huis lewe saam was iets besonder kinders gevoel hul altyd tuis kleinkinders saam en boek lees wag bly dat oupa […]
fris
– die geruis van branders beeld die melodie van see lewe uit hang soos ‘n gordyn oor my gedagtes verfris my siel en ek ervaar vrede – die skuim rimpels wat uitspoel kom lê soos ‘n silwer soom op sand baken die grense van see lewe af laat my verstaan wie ek is – ©Teãrlach
wind voël
– silwer soom blink wit voor helder blou golwe waardeur die ski dolwe oopgesper op wilde rit – op pad na spoed limiet rek en gooi my lyf rigting sagte hand van versugting horison verdwyn in niet – ewig deinend golwende see aanhou tot wenstreep verby dreineer frustrasie aller wee – ©Teãrlach
Kaiings in die vuur
Twee driebeenpotte staan wydsbeen oor die laaste stomp. Die kampvuur onder hulle koud en amper uitgebrand. Lankal leeg geplunder. Die een was vroeër stampvol stywepap. Met goudgeel brandsel aangebrand tot hoog teen die kante op. In die ander kaiings. ‘n Hele halwe vark s’n. Brosgebraai en daglank uitgekook tot soutbruin lekkerte. Kraakvars en heerlik vetterig. […]