Kreef se straf
Waar hy meul teen die wind se koue hang kreun die klipbanke deur die kalm waters Sy witvleis breek uit sy dieprooi dop bloei die gety rooi oor die sand se bleek Wie sal hoor wie sal hoor wanneer die son se strale oor die stiltes bak
Daar was ‘n mossie in Parys (vir Natalia ~ lente 2015)
die lenteson kruip weg, my kind die wind waai koud, ek weet die wolke lyk na reën, my kind maar laat ons nooit vergeet: die witste lelies kelk deur modder die hardste klip slyp tot diamant en die mooiste, mooiste sterre lê tussen ruwe rotse op die sand * mag jy woon in kamers vol […]
Die pers heks van Blommeland skryf ‘n gedig (oor die liefde)
My liefling – dit was lente en ek wou net laf wees (dis maar al) ek wou bloeisels ruik en lelies pluk waar hul wit kelk langs die stroompie teen die skuinste van die wal en ek wou gaan waar die daisies dans oor die vlaktes van Namakwaland en êrens tussen sand en klip weer […]
Miljoen myl mymering
Pikswart perdepote skets halfsirkels in sand stomend’ neusgate vleuel in sy grynslag geen teuel Maanhare wind-wapper as ruiter weer kind raak miljoene myl –mymering verberg in stofwolk waas Figuur en fors- hings smeltend stil saam êts stippelklein ver teen die rooibalgloed Snel so ongestoord op hul duet tog voort as hul vry- vol vrede oor […]
Wat kyk Mamma?
Ag, ek kyk maar deur die ruite na die blou lug en die wolke ek kyk sommer na die bome en hoe die winde daardeur waai. Ek kyk weer na die teerpad en die lamppaal voor die huis die tuin (wat bietjie droog is) en na die kiewiet en die kraai. Ek kyk tot […]
NAWEEK: Wysbegeerde
Die filosoof sit gemaklik teen die stam van ‘n honderdjarige eikeboom aangeleun en beskou die natuur rondom hom. Hy bewonder die blou berge op die kim, die geil koringakkers, die blom- en groentetuine van die nabygeleë huise. „Maar,” sê hy, „ás daar ‘n God sou wees, hoekom laat Hy die swaar pampoene op sulke swak […]
Winter wasem
vensterbank gevlok vol sneeu op ‘n bitter koue, donker nag die maan is wreed en die wind kerf met tweelem brute krag wildeganse vlieg gou suid ontsnap uit winterkloue uit boomtakke silhoeët teen horison as hul kreunend krimp en kraak met die hemel grysgrou geskets sterre gevries aan wolkewand hoendervleis en klappertand in sout pupil […]
Natuurpalet
As die vuurbal se strale goud spikkels verskiet word kosbar’ ultraviolet oor kloof en vlakte gegiet Sonneblom bloos skaam in sy heldergeel raam wyl Gesiggies en Rose sag wieg in die wind Eenkant blêr ‘n verlore lam in die stoomwolk van ‘n kraal maar as die mis eers gaan lê sal sy pa hom wel […]
Die Boland rus in onskuld
Die Boland lê en sluimer In hierdie skoonste môre-uur En geen een kan dit beskryf in woord of taal. Bo hoë en verre pieke Ontvlam die dag in amber vuur – Lig gebore om ten hemele te straal. Alles wat nog donker was Nestel koud (dog in goud se glim) – Dis die winterson wat […]
In die skadu van die berge
In die skemer van die berge doringboom aan elke kant – sit alleen die tenger vroutjie op die grens van niemandsland Wiegend neurie sonder woorde want haar siel is weggevat – môre kom die nare drome op haar skewe kronkelpad Maar sy luister na geluide uit die Skepper se natuur – wink kromvinger na die […]