Oseaan melodie
Stille neurie-lied van die see met heimwee gevulde stem wou haar saggies-sproeiwink nader steeds nader bly wink meganies en in tranewaas sonder ‘n huiwer of versuim het sy kruipend nader gehaas Aandagtig sit sy en luister na onheilspellende woord neurie sy oor die toekoms met hartseerwals-akkoord of sag in suiwer sopraan in afwagtend’ oor nou […]
Saphira die Spoorsnyer
Saphira hardloop saggies, maar vinnig, deur die fynbos hoog bo die see. Sy is oppad strand toe. Daar is nie baie plekke waar sand en see ontmoet nie. Meesal is dit maar kranse waarvan selfs ‘n Feëtjie Hond soos sy seer sal val see toe. Saphira stop skielik. Sy haal vlak asem. Sy is seker […]
Waar is hulle… Kan jy die voëls hoor?
Die afgelope tyd het hierdie gedig en die pad soontoe weer woelig kom kuier… Kos vir ‘n Mossie vir ‘n aand Hennie Fritz [2014-02-19] Kom ons kyk vir die voëls, in die lang doringtakke, die digte plante, bosse, kossoekend op die grond. Dis vroegaandtyd en moeder aarde is koel, die lug is soos ‘n rivier […]
Oopvoublom
Die bye zoem by die oorhangkrans oor jou wat my drome binnedans en die windjie dra jou vel se geur verbloem in die passie van jou fleur. O, ek smag soos ‘n by wat na jou toe kom om heuning te drink as jy oopvou blom want dan sal ek nektarsoet bly fees In jou […]
Gister is ‘n ver land (ballade vir Mary-May)
Vér in die verre verlede op ‘n dag in 1910 het die mooiste kleine baba haar eerste lewenslig gesien en wyl sy wieg in moedersarms was haar pa so trots en bly hy sing vir haar ‘n lullaby en hul noem haar, Mary-May. In die herfs van 1930 stap Mary langs die strand en ontmoet […]
Pa, soms onthou ek nog . . .
As die noordweswind so winterkoud waai dan sien ek weer hoe sit jy by die kers met die groot boek, wat rustig op jou skoot lê en hoor ek weer jou stem se klank in vers. Pa, soms sien ek daardie ruiter met die afkop op sy skimmelperd so reguit uit die hel en vlug […]
‘n Gevriesde traan
in die trietsigheid van hierdie wintersdag gluur die wolke grou verby die gebleikte son, verander die asem van ‘n ysige wind die biesiepol tot gestorwe saffraan en treur die dam – ‘n gevriesde traan © Anzé Bezuidenhout
Kolmanskop
In die suide van die Namib waar die son steeds bloedig skyn net ‘n entjie oos van Lud’ritz in die heet van ‘n woestyn pryk vandag net die murasies (uit tye baie lank gelee’) van eens swierig herehuise aan sand en duine oorgegee. Sonder slot en sonder grendel staan geboue leeg en kaal soms dans […]
Jou naam in sterrestof
Jou naam het ek met sterrestof in die maan se buik loop skryf wyl die sterre skaam beaam as planete swewend verbydryf Toe die son sy goudstraal kwas sonneblom hoof hemelwaarts rig stap ons kaalvoet deur die kraal om room vir koffie te loop haal Met ons mandjie boepensvol van biltong, vrugte en neute sprei […]
In die soepelheid van jou krag
soggens as die kartelson in warboel met klanke van geel oor die Westerkim ontplof dartel die tortelkoer van genadeduiwe soos ‘n heil’ge siterspel op fladdervlerke na Bo Tambotieboom in die bruingloed van henna en rooiborsduif wat in blare soos granaatpit in skarlaken blom en iewers in die agtergrond die Neushoring wat binnemonds brom met malse […]