Verganklik (Italiaanse sonnet – petrarca)
Ek voel die winter in die somerbries vroegmôre deur my kamerruite waai en buite word die doringboom verraai. In sy elk’ blaar skuil daar ‘n soort verlies – die herfs lê immer in die wind se kies. As suidoos na die noordwes begin draai word fyn loof om die skilferstam* gesaai die najaar bly die […]
Hoeveel van die
Hoeveel keer in vergane jare- bakhand gedrink uit bergstroom rou-voet gestap deur barre land bloots op esel se rug geknyp kosmos loop pluk in niemandsland Hoeveel druppels soutsproei geproe langs seewier strande geskulp in half-son hand- in- hand gestap herinner aan bederf- tye saam met somer en lenteharte wat liefde alom weer beaam Hoeveel sakke […]
Tussen reënboë en doringdraad
silwerson en donderwolke daar bo die baksteen woonstelblok klou ‘n kolgans in die weswind aan omber teëls en dak se nok waar die boulevard oor die N1 baan sal winterlelies weer so geilwit staan nóú sirkel duiwe in hul wydste draai verby ‘n blouvalk en ‘n wegvlieg kraai * ek weet – die lewe loop […]
Sing vir oulaas weer Elvis
gee my jou hande vir die heel laaste keer kyk, ons albei het letsels ons albei het seer wys vir oulaas jou wonde en ek wys jou myn’ beide geskonde gevlek en onrein die lig in jou oë dit bly my ontwyk eens was daar sterre en lag in jou kyk hoe sag kon jou […]
HOE DURF JY
hoe durf jy aandlantern doof en krioelende massas van maanlig beroof om ons eie liefde op te kikker suinig inhalig met maanligflikker hoe durf jy natuur se prag loop steel al die uieke blomspesies in rooi, ligpers, wit en geel sodat ons al die geure diep salig inteug en neuse stuifmeelverf soos in ons wilde […]
Hier lê Genade
Waar ek na jou naak barheid staar sonder enkel druppel reën wat val huisves jy reptiel en menig’ plant wat jy tog uit droë woestynstof moes baar As miskombers karos oor jou piek besef opnuut dat Skepperhand se bergengele vrylik hier waak want aanskou elk boom, plant, rotswand uniek Soos vader son se goudstraal kwas […]
Vuurspoor
In die herfs van daardie jaar was die Weskaap aan die brand en ‘n vlam het oor die berg gebaan van Stellenbosch tot Jonkershoek. Die rook het hoog en wyd oor piek en dal gehang. En tóé toe het ek na reën verlang – nes die fynbossaad wat in die asspoor lê en soos lelies […]
Winter
Winter Die kaggelvuur moet brand want die winter het arriveer onverbiddelik tot groot seën en groot ellende— ‘n Sagte winter reëngroet gerusstellend en vriendelik het sy aankoms ingelui, maar daar ver agter word die slagordes opgestel en die falankse in vaste reëlmaat op ons losgelaat met stortreëns en stormwinde se woedebuie— ‘n Nat winterkoue met […]
Ek wens vir jou ‘n lentevoël
As jy ooit drie-uur in die môre wakker lê (soos jou ma) onthou, my kind onthou dis net ‘n uur of twee voor die voëls weer sing net ‘n uur of drie voor die son haar eerste strale bring en jou nag in dag omtower. Ek hoop jy wéét . . . daar sal altyd […]
Tyd
Tyd ( O tempora, O Mores = Cicero. Oh, the times, oh the customs!) O, die tyd, die tyd en vervalle sedes! Is jy vyand of vriend? Gesigloos ontasbaar takel jy straffeloos af— Abstrak stu jy voort sekonde vir sekonde eksak op metronoomslag— Wie is jy, wat is jy, hoe lyk jy? Nag word dag […]