Stellenbosch 05-03-2016 (oggend)
Die wit mis baar ‘n denneboom uit newels oor die herfs wynland donker stam met swartgroen kroon pryk beeldend aan die berg se kant. In die woonbuurt hou die boerboel wag agter ysterhek en pleistermuur en wuif vlinderblomme silwersag voor die ou stoep om die huis. Die afdak spreek victoriaans met ‘n kantpatroon in […]
Huisie vol vrede
By haar huisie, in die Bosveld – groei die mooiste spierwit roos, wat haar elke dag herinner, dat haar Skepper haar sal troos. Langs die muurtjie, wieg Gesiggies – soos hul knip-oog na die son, klomp gekleurde vlinders fladder, want haar Lente het gekom. Op haar stoepie, in ’n blombak – breek die eerste blare […]
KAKIEBOS VERLANGE
Krul die vingers van ‘n vergete dag gebroke oor die randjie van my hart vlam die reuk van kakiebosse gestrand in los Karoo sande in die grasveld van my hart weer op. Eggo die weerga van die donderweer oor die leë vlaktes waar die soet reën wegkruip leen die wit melktand wolkies my plas druppels […]
In ‘n hartseer land
In ‘n land van melk en heuning doof klank van Magtige dreuning daar om pot van putupap en wors vrek ‘n nasie van honger en dors In ‘n land van snuifgom en tik ontbreek dissipline – ouers verstik langs die lieflik sprankel fonteine borrel suurwater – afval deur myne In ‘n land van osstert potjiekos […]
Al sou dit
Al verdor diep rivierlope en Moeder oseaan verdamp al sak die son skielik in suide woestyne word woeste oases Al draai sonneblomme na die maan en eendaglelies blom deur die jaar al sing seemeeue luidkeels opera as krieke begin in damme baljaar Al vang visvanger gif skerpioene watervalle druis met sitrussap al kuier die valk […]
Seetoneel
Stil seemeeue swiep skeef oor boeg van vissersboot soos soutbelaai sproei kleef aan maste reeds erg verweer Drie Dolfyne hoepeldans op ritmiese riffelgolwe terwyl ou oom anemoon als stom staan gadeslaan Tjokka en sardientjiegeur vul die dek se atmosfeer Skipper se bytels glinster blink in goudstof van die oggendson So sal die skip steeds skoppelmaai […]
Ek skryf vir jou
. Ek skryf vir jou met skulpe op die strand onderstreep met die palm van hand, ‘n hoepelsirkel trek ek met sagte wier verlig dit helder met droë palmtakvuur Ek krap harte met ‘n tortelduif se veer (in die bosveld) teen die stam van ‘n soetdoringboom; met ‘n harde doring krap ek die pyltjie deur […]
See se geur …
ek skep vir jou ‘n emmer vol van die see se geur dan stuur ek dit met spoedpos om jou dag in te kleur as jy die emmer geur kry en ruik hoe see-skoon dit is sal jy ook weet dat ek jou met elke asemhaling mis
OGIESDRAAD HEININGS
Die grondpad se stof roes op ogiesdraad heinings neer gegom met die oggend se dou terwyl my verbyry se stofstert die son se opkoms stories berg in dou nat gras koeverte Skinderstories word gebêre vir more se lag-lag wakker word waar my verbyry se stofstert handskud met oopbek ogiesdrade wat langs die grondpad wag
DIE WINDPOMP HUIL – Hersien
Die windpomp het gister begin huil en ek was nog te skaam om deur die drade na sy staanplek te gaan dwaal Ek weet sy stert is druipstyf teen sy staalkarkas getrek en sy geroeste agterbly tand-lemme draai verbete teen die aanslae van die wind Sy watermurgpyp loop tot by die stukkende sementdam verpletter deur […]