Voorjaar
Kyk net hoë blink haar swartklipoë as sy stralend in die arms van die oggendson ‘n liefdesliedjie sing haar duinsandwange bloesend rooi sjiek geklee in mooiste madelief en vir haar slanke hals het Hy vir haar ‘n snoertjie druppels uit die eerste lentereën gebring ©️Elize Kruger 16 September 2022
Besef (Goud)
ek het die grote melkweg raakgesien ek het die mier se daderdiens aanskou ek staan hier knielgebuig in diep berou ek het my skepper selde goed gedien ek rig my oog om na die troon te kyk ek sien die tyd wat uit die uurglas wyk Andries Fourie (Seirdna) 2022.09.22
Oggendvers
Voor die dagbreekhaan kraai wil ek iets vir jou skryf want ek moet ‘n vers vir jou los by die suiderkruis se laagste punt net ‘n paar woorde terwyl die maan nog in jou arms slaap voor die klam oggend jou wakker maak met haar deurskyndende asem en die vrese van gister jou naam afstof […]
DIS TE LAAT
Op ‘n doodgewone dag toe die ou bloekomboom vir die laaste keer fluister net voor die wind haar kom vat het ek saam in wenteltrappe na bo gestorm om beter te kon sien ‘n onstuimige son het haar om my gekronkel maar ek het harder probeer om bo te kom ek wou afkyk om deur […]
Landskap
jý wat in ongemete wydheid binne my oë se grense talm jý wat in asembenemendheid binne my leksikale perke galm jý wat my in nederigheid binne grootse skepping omarm… jý natuurbeeld in oneindigheid van verskeidenheid verf die veld die lug die reekse van my wese in hemelse kleure wek die sinestese van kuns wat my […]
weë
– wie weet wie weet waarheen wie weet waarheen die weg wie weet waarheen die weg lei die weë van die lewe is so onvoorspelbaar waar jy vandag gebore word, en môre eindig is meestal onbekend en soms onbemind wie wil die toekoms kan voorspel weet wat jy oormôre gaan wees hoe droog en onvrugbaar […]
Kopermaan se towergang (Silwer)
Wys my weer die glinster in jou oë wat soos maanlig op die golfkamme blink waar ons in liefde se dieptes versink soos toe ons kon liefhê met groot genoeë… …kom kyk liefling – hoe glim die kopermaan soos sy stil uitdy bo die oseaan. © Loretta Szikra 202209
Kom, hardloop saam my weg (Silwer)
Ons soek al lank ‘n huisie langs die see waar borrelbranders teen ons skuitjie klots en snags uispattig teen die rotse bots wyl ons ons tyd in harmonie bestee maar, my lief, ás jy tyd vir ons wil stop loop dan saam my weg, tot by Kolmanskop… © Loretta Szikra 202209
Sintuig Land
eerste werêld ontwikkelings verdwyn teen savanna ruimtes die grasveld omvou ons, bring vêr horisonne nader vir mahala alle velle voel die winter windjie somerson harde klappe, seisoene dirigeer ons armhare vir vry proe die kos en wyn afval tot connoiseur wit gedek in plastiek borde, rof en chic vir pasella ruik die reën op droë […]