Plek van die verlore bok-ooi – ‘n halfedelsteen (Brons)
Gisteraand kyk ons na clips van Kalahari-fauna by vriende se braai. My man raak verveeld, maar ek dink aan my kleintyd wat deur Prieska draai aan die voet van die koppie in die kleinste huurhuis – dit was my pa se eerste praktyk – het ons teen die rantjie uitgeklouter en vanaf die fort oor […]
OPSTAANTYD
Soos moeder Eva het sy opgestaan die brokke van haar verlede saam met die kreukels en stof uit die lakens oor haar bed afgeskud toe die somersoggend in die palm van haar hand vasgevang en alles om haar in smôrensoranje geskilder – die laaste ster ook opgevou en in haar sak gedruk haarself in ewige […]
Soektog
Net omdat ek dié gedig skryf beteken dit nie dat dit ék is, of my storie nie ek skryf dit dalk vir ander uit ‘n ver plek of vir jou, want skryf is soos vlieg oor blou oseane en hoë berge of sommer net deur stede soos Parys, Los Angeles of Kaapstad – dalk meer […]
Wanneer dit reën in Parys
Wanneer skugter kaleidoskoop klanke met sysagte sonstrale om hoop dans reis ek so graag tussendeur gister en vandag se nou spasies saam met tyd en sy gesange tot in Parys en haar warm reën nagte skuins voor oggend melodieë toesak met tortels wat ‘n stad ontwaak en my fyn geflenterde heimweë diep sug spring ek […]
Ontvlugting
Neem my op reis na Normandië, waar kobaltblou branders breek oor wit strande. Kom ons hardloop deur rooi papawerlande; waar heuwels hang aan die Franse son. Ons oes die geure van die noorde; vermy die stede! En later swerf ons tussen Vincent se stêrre tot by Arles, in die suide. Ons baljaar in weerbarstige kleure […]
’n Berghang met uitsig (’n brief aan Shirley van Engeland)
Shirley, ek sit hier op ’n bankie in die hart van die Klein-Karoo. Dis vroegdag. Ek tuur oor vaalgroen velde – bome, bossies en gras. Die hemel is aan’t blou raak soos daardie tyd toe jy nog hier te vinde was. Dis teen Gamkaberg se wang waar ek nou my tyd verwyl. En iewers op […]
SOMERSET WES – INNI KAAP
SOMERSET WES Hier in die Kaap woon ‘n pragtige vrou en ‘n knorrige ou man die Sedoos-wind blaas stormsterk sand deur ons tande en hare wat souterig brand sandduin plante voed, laat leef, laat blom – in die Helderberg kom die Noordwes warrel blare en stof van Rooi-Els se kant tot by bikini-beach en Klippiesbaai […]
Tant Kotie van Koffiefontein
TANT KOTIE VAN KOFFIEFONTEIN In ‘n dorpie, soos die van ons, bly daar ‘n verskeidenheid van rare en unieke karakters. Tant Kotie het erg gebrei (of is dit ‘gebgei?’) Jong, en as sy met haar arms, so dik soos boomstompe, en hande in die sye gaan staan het…wel, dan het ‘n mens nie geweet of […]
Notre Dame
Jy met jou sagte blommelyf het in my lewe kom nestel soos ‘n kuiken in die moedernes en jou geur het in die lug gehang en ek met growwe hande was stomlomp in jou sonskyn strale en my lyf was my tronk en deur my tralie oë het ek jou bewonder en soos ‘n bang […]
Sag soen die Nylstroomson
my hart lê vasgevang in Nylstroom se natuur waar in die gloed van ‘n laataand vuur onder die hemelkom hang is die groot genade (asof sonder swaartekrag) gevul met Vryheid van Bo die mooiste van mooi is die sonsopkoms oor die Springbokvlakte; dis daar waar die son haar roete na opkoms verpas en ‘n wyle […]