R.I.V.
spierwit lê leë witmossel skulpe skoon gewas in soutwater deining geskrop deur sandbedding en rotse leë halwe doppe van die verlede wie onthou die glibberige slak met voelers wat daarin was byna geen spoor van hom spierwit lê sand bestrooi oral in weskus tuine op randakkers om mooi te lyk so lyk wit kruise ook […]
Die Blinde Tuinier
Die blinde tuinier Sy draai op haar rug. Op haar ouderdom spring jy nie net meer op nie, jy strek ook nie sonder om dit te oordink nie. Die glimlag lê wyd om haar lippe. Vandag is dit tuindag. “My lyf was nie seer is nie, my lyf is nie seer nie, my lyf gaan […]
Litteken
Litteken Die oorwegings en die hoë standaarde was oorweldigend. Ons was in standerd ag (graad tien van die ou bedeling), ons was veertien jaar oud, ons hormone was al amper op die maan van bokspring en die druk uit vriendekringe was, soos die Kaapse Suidoostewind, onophoudelik intens. Ek het mooi besin en stadig besluit en […]
Vaderlandwilg
Vaderlandwilg Hierdie ou vaderlandwilg se druipende takke winverwaai deur jare verstrengel geknoop briesbuig en wieg soos ‘n ou man wat bieg Vergifnis vra ek wind jy het my so gewaai my lewenspad geteken in elke tak se kronkeldraai dankie vir reën se voetewas dankie vir die steunstok se stut ek’s hier geplant en leef deur […]
SEMIETE en ANTI-SEMITISME 2
SEMIETE en ANTI-SEMITISME Deel II In die moderne staat Israel is twintig persent van die bevolking Arabiere. Dis Palestyne, meestendeels Moslems met ‘n klein minderheid Christene. Hul moedertaal is Arabies. Hulle tel as Israelis en kan om ‘n Israelse paspoort aansoek doen. Van die Joodse (Hebreeuse) Israelis word bereken dat slegs veertig persent egte Semiete […]
Orania en God
As die nag-uur se stiltes oor Karoovlaktes draai en die voëls se kwetter sagte nagsê tjirp-geluide word wyl die skittersterre een-een hul sitplek inneem dan loer die maan versigtig met sy roes-rooioog oor grys platkop heuwels en uitgestrekte rante my voete die strate van die stille Orania wandel ek in ontsag vir die Hemelse heelal […]
Winter in my hart
Dit was nag en dit was winter in my hart my sonneblomme was net skaduwees van gister se drome Maar jy’t ‘n volrond son vir my wintergrys saam met jou gebring ©Sonja Peacock – 2017
Verlore brief in ‘n bottel
Die waarheid is niks minder as die klop van jou hart – ek hoor dit ook met elke son wat sak is die wonder van ‘n einde ‘n slinternuwe begin. Mense soos ek en jy was nooit gemaak om te huil of te skuil – “we were set to sail” vat my hand; my naam […]