Man van die donker
Hy is die man van die donker Wat lig uitstraal soos ‘n helder lantern in die oopte Die man wat my lewe laat klop klop klop My liefde Wit perels wat skitter as sy lippe skei Belofte van heuningsoet kus Wat veel te wense oorlaat bloed laat styg Die kleur van my liefde op my […]
Die vryheid van liefde
Teleurstelling is ‘n onvolledige opgawe van die prentjie wat voor my siels-oog afspeel hier waar ek die skerp punt van jou tong nou uit my vernielde rugwerwels geduldig sit en uitbytel. Jou lensiesop het ek soos ‘n wesie vir soetkoek krummels opgeëet alhoewel ek en jy mekaar vreugdevol in ons ydel vryheid verkrag het deur […]
Droomvanger
Wanneer ek en jy wen, en (nie die lotto nie) bars die lewe se ink oor ‘n vedwaalde siel om woorde te pomp deur ‘n stukkende hart. Enige app op ‘n foon doen gewoonlik die ding hgd hier of vletter maan toe daar. Maar soms eggo die vreugdesgesange oor verlore donkertes soos bliksemstrale deur die […]
Die mak houtkappertjie
Sy wou die dag voor dou net vir hom in jasmyn toevou maar hy: houtkappertjie het aan haar siel gekerf. Klopetie-klop deur haar dik bas deur die kern van haar grys oorjas sy fluit was so bittersoet mooi sy kuifie kaleidoskopies getooi Vroulief het geduldig gewag tot sy gaatjie huislik kon lag sy trek toe […]
Dit is volbring
Dit was toe die son sak; dat haar hart volmaan (oor ‘n lewe) haar drome himalaja – hemelhoog oor berg en piek want ‘n wil wat w-e-e-t sal nooit ooit van sy siel vergeet. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Ek Afrika
deur ‘n (on)begeerlike landskap wat trillend vibreer; ritmies en dorstig diep in jou hart kruip soos sonstrale se lag wat salig oor jou spoel jou wese kan stom klop met sy hart se skop ék Afrika jy my Elysium op díé oop klip van Tafelberg vou ons nou ons hande saam voor hierdie hemelsmaal van […]
Joviaal
Vandag wil ek my woorde om jou vou alomdeur jou drome huppel ; jubel in jou jywees en menswees jakôna wêna! vir ons vriendskap; sonder mense soos jy sal mense soos ek niks wees. Met opgewekte emosies wil ek laggend my arms om jou gooi jou hart se voorportaal v-e-r-l-i-g met my lofliedere want jý […]
Dwaalvuur
Ek sou myself vrywillig om die warm gloed van jou liefde vleg; my lippe morfotologies hang aan elke fonomorfiese woord wat heuningsoet oor my spoel. Jou selfs toelaat om deur die sagkant van my sonstrale te bars; om reënboogsplinters te strooi oor die stofpad van my hart. Maar nou staar jy net na jouself in […]
Droomverlore
In die gleufies van my lewe lê flentertjies van jou en bewe, amper het ek heeltemal vergeet dat jou liefde my bestaan afmeet. Ek wou so graag nog meer tyd saam met jou deel pampoenpitte vir jou steel dans in die skadu van ‘n rooikrans sweef oor valleie op die rug van ‘n goudgeel gans […]
Ken jouself
“If you do what you’ve always done, you’ll get what you’ve always gotten” Tony Robbins Sy weet jy wag vir die lig in haar nag, en soene wat soos sterre om jou sal skitter; sy sien hoe jy begeertiglik staar asof die son, maan en duisende planete om haar draai; maar sy sien haarself ook […]