bitter van eensaam
in die laatmiddag waar stofwinde spoed optel en die son anders as gister se rooi agter die weste se vaal stof inval, breek haar moed en versplinter haar masker soos die dam se watervlak onder die wind verrimpel. heldergeel sak die ewigson op sy plek soos beplan om oorkant die oseaan ’n nuwe dag aan […]
GEVAARLIKE DING
GEVAARLIKE DING om ‘n naam te skend is n gevaarlike dom ding as jy my naam wil skend soos ‘n tent in die grond wil pen soos ‘n pyl wat my hart deurboor snaakse optree maak jou bitter goor GOD het alles klaar gehoor my gebede is ook verhoor passop jy kan lelik gly die […]
Drieankerbaai (Opdrag 1)
nooit weer die galsmaak van bitter bessies nie geen leë eggo’s van soetseer liefde nie ek het gedink ek ken die pyn van vreesloos, kaalvoet oor dubbeldorings loop in die spieëlskerwe van jou iris kon ek ook my hart sien breek hoe absoluut alleen en finaal was elke tree toe jy vir oulaas die grootpad […]
Holte in my hart (stergradering Silwer)
Daars ‘n holte in my hart geruk waar jy nog gister was swaar soos lood en net so grys ‘n grou kolk van verlies Mettertyd sal jou huppel weer die holte vul met vreugde van onthou maar vir nou wil ek ‘n pers kombers van hartseer om my vou © Estelle Rubow 14/06/2018
cool soos koos kombuis
Waarskuwing: my taalgebruik! cool soos koos kombuis (opdrag 1) met bandana en bravade woordmoord tot blourook donker rigtingloos rockster matroos hartseerstem digter musikant voëlvry verklaarde van bellville-oos catch22 van depressie septiese asem van saal ses lewende dood alleenlloop op papier doodbang drug addict en skisofreen debuteer in brekfis met vier digter andre letoit bourbon tassies […]
wiesek
wildehaar bossiedokter tarentaalkind se veer bont lewenspadlittekens dollossak vol seer berook beskonke bygelowige binnepret clairvoyance en custos van my bed bewaker van die kruie kruik praat ek blomtaal en blues gelyk met charisma sing ek die bosnimf ballade en balsem saggies my liefdesdade ©arin erasmus
vroeë vrugte
ek kom proe aan jou vrugte van eens verdorde stammetjie nou lowergroen beskermend hang diep soete vreugde op geurige noot ek kom proe aan jou vrugte vrugte wat uitlokkend wink helder op perskegeel gelaat kuiltjies waar dit mooi maak ek kom proe aan jou vrugte nie te vroeg anders bly jy suur blare moet eers […]
In my hande (brons afdeling)
my hande, krampagtig geklem om jou beeld, kramp en sweet, my kop geboë in verlange; verwagtinge eens so groot soos die son – my lippe wat sukkel om die woorde te sê, uit dieptes vanwaar die seer soos mos kom lê. slegs my oë praat in strome stomme eggo’s; trane wat losweg biggel oor my […]
IS VRIENDSKAP DIT (ALTYD) WERD?
Nou die anderdag hoor ek twee vriendinne met mekaar gesels. Nee man, ek het nie afgeluister nie, regtig nie. Kan ek nou help as ek so naby hulle sit dat ek alles kan hoor? Ja, dit is so, ek kon opstaan en loop, maar ek het nie. Mmm, dalk het ek dan mos afgeluister? Besluit […]
Solo-kaberet
haar masker het geval; die vertoning het afgeloop latente lewenstrane loop liberaal oor haar wange haar solo sopraan stem het sy opgedra net aan hom haar masker het geval; die vertoning het afgeloop stil-stil blom goudgeel lelies oor die verhoog se planke voor die wit klawers van haar laaste decrescendo klanke haar masker het geval; […]