DIE DAG TOE ‘N VROU GEBREEK HET
“My vrou is stukkend, sy is ‘n koolkop,” sê hy oorkant my in die sitkamer. Ek gee ‘n kekkellaggie. Hy lag. Ons sit en kyk vir mekaar en lag. Daar is niks anders om te doen as om te lag nie. Hy kom nie nader na my toe nie. Hy sit daar asof in ‘n […]
Pretensieus (Opdrag 2)
ek sweef op die soetsuur noot van “ek lief jou” waar ons toekoms blink in die weelderigheid van jou oë en ek veiligheid vind tussen die resonansie van fluweelwoorde wat ʼn illusie van volmaaktheid skep die realiteit was toe nooit jy nie uitgerafel en verflenterd staan ek tussen my eie braaksel van herinnerings vol sagte […]
Inversie (Opdrag 2)
verslete herinneringe van ʼn eens gebroke lewe bittersoet memories hang aan hierdie toiings my bedelaarsbondel bestaan uit die sweetste sorrows eindelose genade in amper niks hê nie my grootse joy lê in die sagte kreukels van jou mondhoeke soen die sterre ons goodnight in ons koerantpapierhemelbed oorweldig deur maskers van weelde vermom ek die verlange […]
boetedoening van die onskuld(skuld)iges (Opdrag 2)
elke week een maal word die beste eetservies uitgehaal die tafel kreun onder oorvloedige voordoen oorbodigheid as jy klokslag met ‘n witgepleisterde hart opdaag en met voorgee jou bitter soet plig betaal ons praat oor dit en dat maar niks wat werklik saak maak ons samesyn is net skyn… blink gepoets ons woorde wat bly […]
Versoeking
Versoeking kom klop mos altyd aan jou agterdeur in die nag. Die nagte wanneer die maan weier om sy valse lig deur jou vensters neer te stort en selfs die sterre agter stormwolke wegkruipertjie speel. Ek praat van daardie nagte wanneer dit selfs nog donkerder binne-in jou is. Dis in daardie duister waar die duiwel […]
Oorwinning (OPDRAG 2)
In war gemoed waar jy pal na labirint-antwoorde soek; irrasioneel – redelik verdwaal met denke motgevreet en voosgetrapte wil; ploeter jy onbewustelik, salig voort na ‘n selfgekose doodspoort. Skrik betyds wakker besef jy woeker in verkeerde akker; trek skoene van bereidwilligheid aan beklee jou in nuwe hoop omgord met vaste wil; sodat jy beur na […]
KAMELEON (OPDRAG 2)
KAMELEON blink geskoen glad gepars wit boordjie skree ek’s heilig uit mooi trap reg trap sjarmante heer als in beheer uit jou hart so kliphard duifsag koer gewortel in soutsuur stroopsoet woorde die wêreld vol uitbasuin volmaakte heer volmaakte man volmaak soos jy in jou blink skoene staan maar niemand ken jou ander sy nie […]
Onreg
Kom haak aan my hart ‘n lanfertak sodat verbloem kan word my diepseer smart. ©Driekie Grobler
HERE ONS HET U NODIG
HERE ONS HET U NODIG Here ons het U altyd nodig ons sondes is geweldig oorbodig die lewe voel so kaal en vedwaal wanneer gaan U die mensdom kom haal Here red ons uit ons sondeskuld dit voel kompleet of die lewe ons ietsie skuld raak ons aan in murg en been waar gaan ons […]