Ek is nie meer kwaad …
As ek aan die gedagte dink begin ek in die seer weg sink. Ek val dieper en dieper en word in ‘n warboel pyn meegesleur en daar is absoluut niks wat ek kan doen om dit te keer … Maar ek het jou al lank al vergewe want ek wil nie meer ‘n gevangene wees […]
Soms
Soms wil ek ook breek soos ‘n brander oor ‘n bonkige rots om in duisend stukkies te spat vloed oor ‘n oop strand terug eb in patrone oor sand en skulpe om weer heel te raak. © Julie 2021 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Die storie van Bonginkosi Khumalo
Dit is die jaar 2061. Dis Juliemaand. Bongi Khumalo sit op ‘n lendelam stoel in die son voor sy ma se huis. Die blomme van haar begrafnis is verlep en haar foto is tussen twee bakstene gemaakstaan op die kombuistafel. Hy leun op sy kierie en ‘n traan uit sy siende linkeroog drup met ‘n […]
Lewe
Mond glimlag wyd siel gil luid woede golf en kolk verraad sny soos ‘n dolk binne drup die bloed buite verskyn die oggendgloed.
Huis van swastikas
Hier brand dit rooi spervuur koelrond woorde deur ‘n hart soldaat van haat, soldaat van haat mantels van verraad legion propagandeer jy, jy huis van haat geloof soos ‘n SS soldaat waar verlorenes hulself van die wêreld distansieer en benyding van kleur arriveer rooi wit en swart swastikas teen ‘n muur stormtroepe van hul eie […]
Flentervrou
Sy sit op die sypaadjie voor Pick & Pay haar skoene flenters haar klere maande laas gewas sy vra vir brood toe ek verbystap haar oë is leeg en ek wonder hoe leef mens só met niks in die afwesigheid van alles tussen dorpsvoëltjies en ander legends op ‘n plek waar niemand jou raaksien nie. […]
Ons Omgang met die Wêreldwye Pes
In April hoor ek van 'n staat waar glad geen entstof aangekom het nie. Agt miljaard (8 000 000 000) aardbewoners tans, en hoeveel stinkende lyke wanneer alles verby is?
Wie sal my kan red? (goud)
Sal jy my kom haal wanneer ek myself donkerhartig vasbid teen ‘n kruis van pynskroeiende môrevrese terwyl ek sleepvoet stap op my Golgota pad sal jy my in die middernagure kom red wanneer wakkerlê my vaspen teen die slotreël van my laaste droom en ek myself verban na niemandsland of moet ek eerder aan ‘n […]
Die lied van ‘n ligtekooi-silwer
soms kom dood uit ‘n dieper plek ‘n aanspraak maak tot die oppervlak want ‘n masker is soos ‘n skadu iets wat innerlik nie kan verval vlerkloos wou sy vlieg waar die stilte vergaan in ‘n spieelblou maan ‘n kruis teen die muur paasoffers van plesier soos die stilte vergaan O’ Jerusalem het sy haar […]
Veerloos die nagtegaal
Veerloos die nagtegaal hoe het ek hier beland in hierdie donker land wat knaag aan my verstand bly dryf my na afgrond se rant… hoe ver moet ek hardloop hoeveel siele nog verkoop in swartgalligheid gedoop van alle menswees kaal gestroop verskroei… gebloei…. moeg is ek gestoei… veryste trane kan nie vloei! was nie meer […]