Teleurstelling (Silwer)
Ek stap die pad sleepvoet swaar want die huppel in my wandel het teen versetberg verstar. Waar eens sonskyn en vreugde was lê nou slegs ‘n paar korrels as. ©Driekie Grobler
Masker dra …
“Ek haat jou” – weergalm die woorde in my kop wanneer gaan die hartseer stop hoekom het jy my so verniel? kyk hoe gebreek is my siel. Sal jy ooit verstaan deur watse hel ek gaan ek is seker daarvan jy is nie gepla oor die las wat ek moet dra. Ek huil oseane vol […]
Oktobergees(silwer)
Onder ‘n spieëlbloumaan kan ons ooit vergaan tot die oneindige dilemmas ons wêreld verwoes in ‘n roetroooi vulkaan, betwyfel ons steeds elke oerknal deeltjie wat- roekeloos roep. ©Morné du Preez
Afskeid
Diep ingedagte trap ek knarsend oor die bros blaretapyt wat wissel van geel, bruin tot oranje. My oë rustend op talle boomreuse wat kaalgestroop hul takke liggies wieg in die wind. My hart se verlang vind aanklank by die kaalheid, die doodsgevoel van verlies. Net ‘n paar maande gelede was alles nog oortrek in lowergroen, […]
Kaalgestroop (Silwer)
vanaand pluk die wind ongenadig aan my sielswand stroop ‘n laaste brosblaar uit my teer gemoed bemantel tekens misgekyk voor die laaste blaar se val laat my kaalgestroop hink voor ‘n nuwe seisoen wat wink ©Driekie Grobler
Vrese vol vandag
Geval soos ‘n verhefsde blaar koud in nat grond tussen ontroosde dorings herletsel in ‘n vreemde slinger vol vergankliksheidsvrese en al soek hulle jou sal hulle jou miskyk deurtrek in geel, rooi en bruin so sal jy wegraak in jou skare van skaduwees tussen die wat jou hand vashou. © 2021 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
As ek kon kies
het ek vanaand die bankie uitgekies met die blou wolke om my gevou met Jesus aan my sy reg langs my met die stille atmosfeer om ons langs water wat saggies troebel in ons ore terwyl ons stil wees in mekaar se samesyn sal wees vandag is my vriendin begrawe en bid ek vanaand vir […]
Kosbare jy
Rus in vrede vriendin…. Alta de Beer jy was my cpf maatjie twee weke van stilte wat volg op ingehoue denke my hart is so seer vanaand die tyding gekry dat jy nie meer met ons is vrou van liefde vrou so sag en soekend jou liefde so ver en jy hier maar altyd het […]
Verskuilde hartseer
in haar wese diep hartseer verskuil agter die mooiste glimlag verlange na haar geliefde stil het sy dit verberg vrou van die liefde tog smagtend daarna om net liefgehê te word wetend haar geliefde se hart gedwaal het weggesteek in vriendelikheid maar ons bewus van haar seer in haar wese het sy vasgeglo dat veranderinge […]