Opgefrommel
Opgefrommel en uitgegooi ’n stuk stomp doer weggegooi twee oë deurboor twee hande slaan ’n spoor vanaand is ek wake-up môre is ek met make-up ©Anita van der Walt
Erin
“Sinneloos, magtag, het jy in jou lewe iets meer sinneloos gesien,” en hy slaan die groot vuis op die tafel hier langs my sodat die koffie bo-oor die rand stort. Ek ken Bart Groene seker twintig jaar, nee ses-en-twintig jaar om presies te wees, en nooit het ek hom so ontsteld gesien nie. Hy draai […]
Beroerte (Goud)
die dag toe hy gebreek het het stukkies van sy glasgesig in sy pantserkas bly lê sy voorkoms is ‘n ewebeeld deur duisend kleine breeksel mosaïekspieëltjies ontsê wasig word sy mening min en sy wysheid ploeter rond asof die veters aan sy voete soos slangdrome krioel en sy klawerlose klankbord deur stroomversnellings spoel sy naam […]
Waterstrome
Die lewe is ‘n drukpot dit voel my almal smee ‘n komplot om my tot waansin te dryf ‘n gekke met my lyf die huis het nie ‘n opwasbak my man is weg sak en pak die kinders is besig met hulle eie dinge die lewe knoop my met sy stringe maar net voor ek […]
Êrens lê ‘n kind en huil
Êrens lê ‘n kind en huil Êrens in ‘n ver ver land lê ‘n kind en huil haar verlange in haar stem verskuil sy het in grendeltronk beland Haar hoop verbrokkel om haar ouers te besoek saam te deel in Kersfeeskoek in ‘n hartseer kombers gewikkel Êrens staan ‘n moeder op haar knieë trane loop […]
Waar is Pa ? Silwer
Elke wreed-warm sondag is daar ‘n familie wat sukkel met die lewe se staf wat van almoes moet lewe want die sorg van die huisgesin staan in die teken van plesierjag dobbel al sy geld uit: roek omtrent straf ook met baie drink wil hy van sy sorge vergeet en tyd snel nie heen soos […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 1
Hoofstuk 1 – Uit die Engte Dit is sestien Desember 2015, wanneer Zuluika Zuess wag vir die oopswaai van die deure van die ou ‘Pretoria Sentrale Gevangenis’, nou genaamd, ‘Kgosi Mampuru II Korrektiewe Sentrum’. Die woorde van die vele gesprekke oor die laaste weke met die Superintendent maal in haar gedagtes, ‘Net jy kan jou […]
Ek het hemel gekies
Jy het my hemel gewys maar ek het hel gekies: op my eie gebrekkige manier het ek probeer deal met die lewe. Sò het ek bestaan maar nie geleef nie opgestaan maar bly lê gepraat maar niks gesê nie. Jy het my hel gewys en ek het hemel gekies.
Fraktuur SILWER
Fraktuur Die impak plaas die fokus op my en my binneste lê vir almal oopgesprei. Deur donkerte omstraal, alleen, word ek met x-straaloë bejeën. En dié wat koud en klinies kyk beskou die hard’, gebroke werklikheid; merk skaars die skadu’s van my sag wat ook verpulpd om raaksien smag. “Dit was dalk lankal reeds gekraak.” […]
Heel my Vredevors (Silwer)
Ek hoor nog die laaste gegons van haar stem ons was ‘n liefdespaar gesit in die skuit moes meesvaar maar nou deurvleg sy tussen engele O God en Seun van die mens kom stryk my hoof met salfolie giet balsem in my wonde streel my ego deur U versag my leed sonder ‘n donker wolkstreep […]