Alexanderbaai (BRONS)
Alexanderbaai tuis bly verwagtinge bekend maar beperk jy weet gewis dat die see soutblou is *** sou jy die uithoek van jou wêreld se grens besoek vind jy golwe wat Oranje bruis seewater sonder sout woestynvervlegde vleiland flaminke op die strand ‘n verlate diamant ©ASvdMerwe
Heks se Huis
kop vlamme dans rustig op hul eie maat sonder maats wat trap. mooie besems vee stads verwar saam met vlamme in die hemel weg. kaggel suis koffie knus in die maag, lê ek lepel onder jou dak.
Soos die see (goud)
Moenie weer woorde oor my gooi of jou asem stadig teen my afblaas nie want hier by die see moes ek alles vir jou gee die wind in my hare die strand op die wand van my hart ‒ selfs die sandbank in my siel alles moes ek net so vir jou gee my skulpies […]
Oestyd na droogte (goud)
Het ek my verbeel of het jou kruiphand my middel omsingel — jy my lyf lankenlangs nader getrek tot duskant jou horisongrens diep verby jou ongetemde binnewand het ek my verbeel of het jou woorde te swaar geraak tussen die veldblomme wat jy in hierdie ontspoorde oestyd so gereeld in my vlegsel druk terwyl ek […]
METAMORFLOOS (goud)
môre stap ons weer oor ‘n onbekende pad saam met bekende vreemdelinge verby ongedefinieerde oomblike deur ‘n woud vol sekelbos en doring takke en luister na ongehoorde klanke saam met jakkals, klip en ander nomadiese nommers en probeer meerdimensioneel wees in die illusie van ons bestaan asof ons grense met gemak kon gister asof ek […]
Stormkaap
Ek onthou ’n dag van stormweer toe die wind gehuil het deur die klowe met hartbreek-fluitend melodië só asof sy groot droefenis belowe. Buite het ’n woeste vlaag riet wild laat ritsel in die newelstof net voor die eerste reuse druppels teen my kamerruit ontplof. Die gerammel van die donderweer, die krrraaakkkinggg deur die […]
Ongeluk Sekondes
die rou krag ontsluit swart energie in sinkroniseerde ontploffings wat brul uit agt staal gatte dryf wringkrag verby ewewig in dode swaai kolk. oë stok stil in die oomblik van geen beheer gewig lê in maag terwyl alles gewigteloos tol rondom ń staal hok met lig wat in splinters breek. alles ontplof plastiek bars, skiet, […]
Strand Tonele
harde klippe tot fyn korrels gespoel nou ń sagte serp vir see se hals. epidermise selle brand bruin op ń witkorrel sand matras. gelynde stokke op sterkman bene staan alleen gevang in sand. ver weg trap ń skaduwee kolletjie ń verlange wese diep in warm sand. wit korrels kielie brand ou bene vars geskuur in […]