Die pers heks van Blommeland skryf weer ’n wintervers
My liefling, dis weer winter ek verlang net (dis maar al) soms as dit so koud is en die reën so aanhou val. Maar vandág, my lief is dit mooiweer in die Kaap. Die wolke (wat so grou was) is na elders weggeraap. By Houtbaai se hawe vlieg die seevoëls salig, vry oor die bote […]
Kruip na Vryheid
Feërie het verander. Té veel na Brody se smaak. Dinge het verskuif en op onnatuurlike maniere beweeg. Ondanks sy onberispelike voorkoms, was hy ‘n borrelende gemors binne. Elke keer as ‘n tropiese blom blom, krul hy innerlik ineen. Dit was gevaarlik. Hy kniel om die laaste heideblomblare op te tel. Flitse van vernietiging – Feërie […]
Ontsnapping
(goud) Ek lê in my armbuurt saam met ryk mense en ek hoor hoe baldadig hulle in oorvloed lag en rondval dronk gesuip aan hul eie ego’s al wat ek wil doen is op die rug van ‘n wilde perd spring ‒ verkieslik ‘n bloue met reënboog vlerke en hierdie plek van lyding agter my […]
Woestyn Pad
vlakte in die kaal kaal vaal land, die rivier fondasie ń naalstring van groen en hoop wat eeue alleen baklei vir lewe. weg, na…, sny vêr oor dorre land glowe sand spoel aan, wit gras skuim om kaal koppe. Diè pad is verveeld doel gerig min slaggatte wat ritme breek ek het geen behae in […]
Woestyngebed
Ek is ‘n wilde Kalahari kind vaal verlate vlaktes verf my spore dansend saam met sonbessies in die wind gannas en brakbosse lag in my ore en duskant vandag se skraal ure soek ek jou nogsteeds soms in my drome met dor hande; selfs in koue vure tussen klip-koppies en kokerbome en ek wens dat […]
Vat My Terug Na Die Platteland
Vat My Terug Na Die Platteland Vers 1: Ek onthou nog daardie dag Toe my hart nie meer kon wag Vir die stad se liggies Om my drome waar te maak Vers 2: Maar iewers hierso op my pad Het die goue liggies van die stad verdof En hul glans verloor Wat bly dan nou […]
Enkeling in vlug
(Goud) hoe graag vlieg ek oor dié geliefde land oor berge hoog en dale wat vallei die aarde lê en palm, nes ’n hand waaroor Gariep en spilpunte gedy mag weinig wolke ooit my sig versper oor ooptes tot in einders wil ek tuur as Venus skitter, soos ’n eensaam ster terwyl die hemel in die […]
Parys – tuiste van die Arc de Triomphe.
BRONS Parys – tuiste van die Arc de Triomphe. As jy aan Parys dink, dink jy onwillekeurig aan een van die grootste toeriste aantreklikhede, onder andere die Eiffeltoring! Parys beskik egter oor soveel meer geskiedkundige besienswaardighede, om net paar te noem: Arc de Triomphe, die Paleis van Versailles, die Notre Dame-katedraal, Musee du Louvre, die […]
london
van oral en oudsher kom hul om hier te verdwaal met gesogte bakens soos die saint paul se katedraal haar polsslag n geelvlam van avontuur min kan vergelyk met dié argitektuur haar oog is verleidend, haar kurwes vlei jou n bus spoeg nog mense uit waarom sy haar arms kan vou van straat teater op […]
Verdwyning van die SS Waratah
Drie dae. Hy het gesê net drie dae. Hy was verkeerd. Of hy het gelieg? Ons sal seker nooit die antwoord ken nie. Ek het nuus gekry uit die Kaap. My ma was ernstig siek en sou waarskynlik nie die einde van die week sien nie. Ek het haastig probeer planne maak. Per wa sou […]