Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Seëninge"(Bladsy 34)

vroeg oggend lê my duin grys toe geverf in mis kraaie soek hul nes meeue gaan maar sit op ‘n klam sand strand veraf dreun ‘n mishoring van ertsdraende leviatan ver bokant alles sweef my siel en sien berge blou berge in grys waterstrome natuur paleis ©Teárlach

Ons behoort aan Afrika soos suikerbos en kremetart soos haar aalwyn wat oranje en ’n huilboom in haar smart; soos ’n wildevy wat deur rotse skeur namakwablomme wat die winter kleur …en soos graspluime aan die wind. Ons behoort aan Afrika soos sade wat ’n rusplek vind. © Carma Shaw 7 Februarie 2019 1:31

Gebreekte kruik is sy uitgewerp, stukkend geval maar nog plek-plek skerp… As die Meester die stukkies sag optel en met goud verweef tot ‘n kleurespel en haar huistoe neem na ‘n plek berei waar die lig deur die goue krake skyn, ‘n baken wat elk moeë siel soos ‘n ligtoring weer na die troon toe […]

my duin het leeg gestaan dae lank het wind gewaai meeue het gekom en gaan getye beweeg en vergaan diep gedagtes het opgegaar rolbosse teen heining geblok my seun het kom kuier by ons soveel seën laat my oorweldig tot weer siens gegroet koebaai nou weer alles van voor af oor dankie vir elke klein […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed