‘n Liefdeslied
Kom ons sing en dans, en huil en lag, net ek en jy alleen in die grasveld; daar waar gras golwend lê soos velt, (*) staan die lelies op ons twee en wag. Hulle wag net vir my en vir jou, vir ons, om soos die son ons dag te kan verlig, om liefde te […]
Laaste Asem
Voëls roep, sing weemoedig, in die vloed van ‘n tranereën wat lewe aan hulle bring; daar staan hy, sonder ‘n naam, gesigloos, tussen die riete waar hartseer ronddraai. Tyd het aangebreek, sonder groot onthaal, om die geskenk in silwer en goud te open; om ‘n laaste struikelblok, verset, te oorkom en die weg te baan […]
DONDERDAG: Feestelikheid
Wát die mense nie alles gesê het nie! Die mense uit vroeëre tye! Hulle wat vir ons voorbeeld sou wees. Ek meen watse sedes het geheers? Wie het gedink dat Dr. Martin Luther, godsdiens-reformator eerste water, kon sê: „Was die maal vir julle nie goed genoeg nie? Hoekom risp julle nie op en poep nie?” […]
Om te Delete
Om te Delete Vir die potlood is daar ‘n uitveër wat foute uitwis en regstel – – – Op die internet word ongewenste data eenvoudig ‘delete’ van die skerm af, en vir die huis is daar ‘n besem of stofsuier om vullis te verwyder nou waarom is daar dan niks wat die brein kan suiwer […]
Stille nag
Die woorde van hierdie lied is male sonder tal aangewend as bemoediging en om hoop in te boesem by mense wat hartseer, rou en verlies beleef. Stille nag dra die boodskap van Kersfees uit en dit simboliseer oor kleurgrens en status redding aan die ongereddenes. Dit is hartseer dat soveel mense juis tydens die feesgety […]
RESENSIE; JIMMY se SAAL, die film
Hier word op entoesiastiese manier die ware lewensdrama van James Gralton (1886 – 1945) vertel, die enigste gebore Ier wat ooit uit sy tuisland gedeporteer is. Die 23-jarige Jimmy Gralton het, ná stryery met die kerk en die grondbarone na die VSA geëmigreer. Toe keer hy na sy pa se dood uit amerikaanse „eksiel” terug, […]
Feesseisoen
Feesseisoen Die tyd staan nou vinnig jaareinde se kant toe en mens voel ‘n beklemmende onrus aan in die gejaagde , koorsige spoed om alles betyds af te handel – – – Kontrakwerke moet klaarkom want die fabrieke moet sluit en alles tot stilstand knars vir die vakansie en feestyd – – – Vir baie […]
Êrens is ‘n antwoord
Stilte – ‘n werklikheid nes die wind – kom van nêrens, dis onaantasbaar; daarmee saam kom onsekerheid. Dit vul lewe met vreemde emosie, vrae oor gister, vandag en môre; wat was, wat is en wat sal wees – Stilte se waarskuwings gedagtes, is net soos ‘n ou kombers vol gate; hartseer-koud en warm-plesierig, Vir die […]
Popenôlle alla Klipdrift… Olé!
(Aan die heer van Zyl wat so ʼn paar jare gelede amok gemaak het toe hy uit frustrasie oor die skeidsregter se eenogigheid in ʼn wedstryd tussen die Bokke en Australië die skeidsregter op die veld gaan ‘tackle’ het…) En de ware storie agter de valsje stories zijn as volg: Schielik, schuins na póze-tijdt, ziet […]
Padkaart van Are
Dit word al moeiliker om my fingers te buig. My ringe pas al lankal nie meer nie en kort naels is my voorland. Partykeer lyk die are wat uitstaan op my hande soos ‘n padkaart wat makliker gevolg kan word as die lyne wat sogenaamde palm-lesers so graag wil vertolk. Die pyn maak dat ek […]