Resensie: VYF-EN-VEERTIG MINUTE NA RAMALLAH, die film
VYF-EN-VEERTIG MINUTE na RAMALLAH, die film Rafik en Jamal se vader is die tipiese opvlieënde patriarg van ‘n palestynse familie in Oos-Jerusalem. En hy sterf na ‘n woedeaanval tydens ‘n stryery – tydens die huwelik van sy jongste seun soos die ongeluk dit wil hê. Sy wens was altyd om in sy tuisdorp Ramallah in […]
Resensie: HANNA SE REIS, die film
HANNA SE REIS, die film Nog ‘n film oor Israel – hierdie keer oor Duitsers in Israel. Nie net dat dit gedeeltelik in Tel Aviv gedraai is nie, maar ook ondersteuning van ‘n israelse filmowerheid gekry het. (In die dankeslys aan die einde van baie europese films kom die name van mense en organisasies wat […]
PARALLEL-LOPENDE Staaltjies
TWEE PARALLELLOPENDE VERHAALTJIES: In beweging, of hoe ‘n luim sy ronde draai Die woed OUPA IS BESIG om ‘n lat aan die muur aan te bring. Ver oor sy kop hou hy die spyker tussen duim en voorvinger van sy linkerhand; met die arm stut hy die lat wat in ‘n besondere winkel vasgespyker moet […]
DONDERDAG: Treffertekste
DONDERDAG: Treffertekste Jarelang swoeg en sweet die mens om iets ordentlikes op die been te bring. Byvoorbeeld: Jy skryf en skryf en skryf en jy hoop om eindelik die groot prys te tref . . . En dan, en dan . . . En dan kom iemand en verpletter jou! Treffers is tekste wat gesing […]
Nagmerrie
Die nag, waar lewe wegkwyn, is vol gesigte, gerimpeld, lelik; hul trane van hartseer en pyn bemoeilik dit om te verduidelik. As hul stemme in my kop maal, weet ek, ek is aan die verdwaal; dan is ek ‘n man alleen en kaal en verraai ek myself telkemaal. Kerf vrees se vlymskerp dolke my weerstand […]
Heilige ibis*
Die son kom op net waar sy wil en wys haar mooiste kleure oor Blue Downs* en Driftsands* se duine. Sy strooi haar gloed oor wilde tuine wat weinig meer as sand en boegoe is. Sy steek haar kop deur rook en mis en vly haar skoonste lig oor roet en as – dáár waar […]
Resensie: Bach in Brasil, die film
Resensie: Bach in Brasil Twee-en-veertig jare gelede was hulle beste vriende, Karl en Marten, en het graag saam met hobo en eufonium musiek gemaak, ‘n riet- en ‘n blikblaasinstrument (soortgelyk met ‘n tuba). Veral Bach het hulle graag gespeel. Toe emigreer Karl, en Marten verwyt hom dat hy eenvoudig „gedros” het. En toe hang Marten […]
RESENSIE: Wadjda, die Meisie en die Fiets, die film
In ‘n land sonder bioskope word ‘n film gedraai. In ‘n land waar vrouens so te sê sonder sivielregte is, draai ‘n vrou ‘n film. In ‘n land waar vrouens en meisies vanaf twaalf slegs met sluier op die straat mag verskyn en nie fiets mág ry nie, sit ‘n meisie alles in om in […]
‘n Liefdeslied
Kom ons sing en dans, en huil en lag, net ek en jy alleen in die grasveld; daar waar gras golwend lê soos velt, (*) staan die lelies op ons twee en wag. Hulle wag net vir my en vir jou, vir ons, om soos die son ons dag te kan verlig, om liefde te […]
Laaste Asem
Voëls roep, sing weemoedig, in die vloed van ‘n tranereën wat lewe aan hulle bring; daar staan hy, sonder ‘n naam, gesigloos, tussen die riete waar hartseer ronddraai. Tyd het aangebreek, sonder groot onthaal, om die geskenk in silwer en goud te open; om ‘n laaste struikelblok, verset, te oorkom en die weg te baan […]