Strandgedagtes
Soms sit jý lank op die strand met jou tone diep in die seesand waar heel branders breek – tussen wolke, die son en ‘n perfekte horison. Jy haatlief ‘n wêreld wat mensvolmaak aan niemandslippe hang, en vra jouself af: “Wat het van jóú geword?” Jy sien hoe die vrees van leegwees skuimend oor ‘n […]
Vroegoggend
Die strate baljaar in afwagting veraf huil ‘n honger hond vanoggend se koerant met gister se nuus val sag op die vars gras saam met dertig nuwe lyke in Syria; want hier word alles mos verewig in woorde wat wakend om ons hang soos die werke van Shakespeare en David omdat almal alewig na die […]
Vergilde Stilte
Ek gil Skree ek Binne myself Want hier is jy in die natuur Waar ek myself wou wees My tyd wou gee om weg te kom Van die geritsel Van jou negatiewiteit Kleinering Van jou geraas in my lewe Bekletter met die druk van valshede Vals gesigte en vals liefde Maar dit reën nou Kan […]
DIE WAARHEID
DIE WAARHEID Ek staan met die sluier se punt in my hand, besluit of dit af te ruk want die waarheid moet uit. te veel geraamtes in jul kaste. Beskerm die naam, beskerm die idioot, beskerm die organisasie ter wille van my stilswye Te veel pyn, te veel intimidasie te veel liegstories te veel slagoffers […]
Die laaste klip
Bly doodstil. Kan jy dit ook hoor geraamtes uit haar kas soos Judas, Pilatus, Petrus en Brutus wat uit al wat gat is bars – korrel vir korrel veg sy ses voet na bo. Saam met blink gevryfde intensies en ontrafelde verwagtinge beur sy deur klippe en kluite wat uit huise van glas op haar […]
Die skande aan my hande
met die pantserlaag om my hart weggeskeur het jy my vlyend ingetrek in ń doolhof van leuens vasgekeer in die prisma van ons liefdesfleur my siel tot naaktheid oopgevlek met die pantserlaag om my hart weggeskeur vals motiewe met illusies van liefde verkleur my hande met skande bevlek in ń doolhof van leuens vasgekeer met […]
LIEFLING WAAR GAAN JY HEEN?
LIEFLING WAAR GAAN JY HEEN? Liefling waar gaan jy heen Liefling jy is die enigste een ek ween nou oor jou in die verte heen ek weet daar is geen ander een verdwyn jy oor die golwe van die See liefling ek moet trane afvee liefling waar gaan jy heen liefling jy is die enigste […]
TELEURGESTELD
TELEURGESTELD Hoe skerp die mes Hoe breed die lem Hoe dik die wand Hoe taai die vel Hoe stom verslae Hoe diep geskok Hoe bitter die pil Hoe duur die les Hoe ver vergifnis Hoe dof vertroue Hoe bleek my lewe Hoe leeg my hart © – Barbara Smit – 27/03/2018
KINDERS
KINDERS hoe sal ons weet hoe diep moet ons grou hoe sal ons maak om al die wortels van kankeragtige haat uit goeie grond te roei want sluipend lopend en sommer oornag spruit geil die leuns moordadig gedoring soms wêreldwyd vertak ek wonder dikwels en dink verlangend terug hoe onbesorg ‘n kind kleurblind kaalvoet skaterlaggend […]
WAAROM DOEN JY DIT
WAAROM DOEN JY DIT my hart se glans verdwyn my hart bloei rooi soos wyn waarom pluk jy die blom in my vernietig die vuur in my hartseer trane en pyn soos ń roos verlep in pyn wat soek jy nou eintlik by my ń hart van klip en pyn jy veroorsaak net stres en […]