Seisoenale metamorfose van liefde
Ek het die lente sien kom met die blymoedigheid van blomme in die hare Die somer het sy son op my bed kom los oopgesprei tussen satyn en samesyn Die herfs het begin terugtrek en sy jas al hoe hoër teen sy ken opgetrek Teen die winter se breek was die landskap toe gesneeu onder […]
Onsigbare asem
saggies ritsel die blare heen en weer wieg die take strompel na benede los blare na grond die Onsigbare asem besig met Almagtige werke word die besef in my binneste hoe nietig ons hier op aarde wyd en syd versprei Hy dit ons net ‘n klein saadjie tussen enorme gebeure van wind, son en maan […]
Resensie: ‘n DORP SIEN SWART, die film
‘n DORP SIEN SWART, die film Weereens twee inleidings: I. Europa word oombliklik deur vlugtelinge só oorloop, oorvloed dat sommige mense reeds sedert geruime tyd roep, „Die boot is vol, die boot is vol! Soek ‘n ander strooihalm voordat ons ook kenter!” Lidstate wat weier om die Europese riglyne in ag te neem, word voor […]
Skokgolwe
mamma mamma jy is dood wie gaan na my kyk egskeiding het jou gebreek doodgedrink aan alkohol in die gebroke huis het als probeer om ‘n man te wees gefaal het ek kwaad is ek leeg is ek alleen is ek my hele lyf is vol van skokgolwe ©Roeline van Schalkwyk Opvolging van “Gebroke huis”. […]
Spesie
Soos vuil pis is jul in ‘n skoon poel Etterbesmet is jul lag Skifsels suur oor verlede voel Verwond jul doelbewus sag Blindversteek tussen die lyne Skitterblink lê jou naakte siel Opbrengste ge-oes uit hartsnaar pyne Verbete verwoed verniel Soeke na aanvaarding in jouself Bloedbevlek lê jou hart op ‘n witlaken Haat brand fel waar […]
Die Kruis
ek lê op my bed en lees elkeen uit op die bakkiesblad en besef hoe benodig baie gebed want op elkeen druk daar ‘n klad besef ek groot hul verstaan nie die Kruis wat gedra was deur ‘n stukkende man op die pad na Golgota want niks was pluis want hierdie man moés sterf vir […]
Die Kruis
ek lê op my bed en lees elkeen uit op die bakkiesblad ek besef hoe benodig baie gebed want op elkeen druk daar ‘n klad besef ek groot hul verstaan nie die Kruis wat gedra was deur ‘n stukkende man op die pad na Golgota want niks was pluis want hierdie man moés sterf vir […]
Vlugteling
My pen lê hier langs my hy weet waarheen ek nou wil vlug – die papier was nog nooit so wit en ek was nog nooit so ver van nou; in die tweede laaste reël van hierdie gedig sal jy smeek om saam te kom want net verby Sodom en Gomorra, op die grens van […]
Die ander vrou deur Lynelle Clark
As geskeide vrou leer jy vinnig wat beteken die terme: Die ander vrou. Dit is nie iets waarvoor jy beplan nie maar is onvermydelik wanneer jy weer betrokke raak met ‘n man. Julle kan hoe diep in mekaar se oë kyk en op elke vlak mekaar aanvul maar sy is die een wat hom die […]