Steurnis hier binne my (opgedra vir ‘n Meisie)
innerlik voel ek die vuil in my ek was en was en was trane biggel oor my wange dood het hier binne kom lê ek wil uit dit kom maar hoe die vuilis met sy kloue het rondgetas my selfbeeld diep geknou, vreesaanjaend met leuens het jy gekom my in jou swetterjoel ingetrek jou beeld […]
‘n Terugblik op 2017
‘n Terugblik op 2017: Die jaar het rof begin. Van ‘n blink toekoms op Stilbaai het net die suur van verraad en hofsake oorgebly. My wêreld het oornag drasties verander en ek moes introspeksie doen oor die pad vorentoe. Verdere negatiewe gebeure in die begin van die jaar het my nog verder in ‘n maalkolk […]
Wiskunde Klas
Wiskunde Klas Ek sit in my gedagtes vas Dagdroom in die wiskunde klas Mense dwaal binne ʼn verbode woud Tyd loop en die wêreld word koud Eendag vat jy ʼn kans te veel En binnekort word jy beoordeel Ek voel my vriende is besig om te verdwyn Hul omgee vir ander begin wegkwyn Agter […]
Vals liefde
liefde is vriendskap op maat van musiek akkoorde deur sy eie ritme uitgekap praat sy eie taal sonder woorde wanneer jou hart toktokkie klop trou is nie perde koop nie, jy weet gee jy stukkies van jouself in opgewonde galop dis om saam sewe sakke sout op te eet as twee harte mekaar vind sing […]
Padkaart deur die lewe
hoeveel kronkels en afdraai paaie loop deur ‘n mens se eie lewe is soveel om op te noem wonder waar die begin en einde ooit in ag geneem kan word want soveel draaie en hoeke reguit paaie en kronkel paaie dis gewis in elkeen se lewe die padkaart deur die lewe kan jou op vreemde […]
Oordeel sonder klippe
Sy glimlag wink warm en innemend oortuig haar hart ewig vergewend al haar liefde aan hom te skenk, hulle saamwees jarelank al gedenk. Uit sy kindertyd sy lewenstaak met bedrog en leuens vervolmaak. Stil onttrek sy haar lewe na buite, haar trane dofreën teen die ruite. Vriende verraai haar met baie nyd, verwerp daarmee haar […]
Verlange na Eden
As die lewe sy harteloos suidewind kom draai en seer in ons harte in waai die reuk van die liefde se dood soos verdorde roosknop ontbloot die beddings met sy dood wil verfraai verwoes en vertrapte God-skepsels oor mistige eeue in trane verdrink hul stemme wat uitroep en kreun met trane wat lank reeds verdroog […]
Duskant dageinde
duskant dageinde weerklaag ʼn woelsieke hart naas ʼn bottelbrief branders breek bruisend trek en strek en sif deur sand waar strandlopers staar oor waters van vredensvloed sluier skemerskim die dag in kalm lafenis gloei vergulde golfkamme salwend siele-seer ©Loretta Szikra 24 Nov 2017 * Neologismes: bottelbrief, vredensvloed, skemerskim, weerklaag (weerklink + weeklaag) Haikie-Tanka-Haikoe
Die man met die ligblou oe. Episode 2 – Deel 2
Die man met die ligblou oë Episode twee – Deel 2 Danielle Visagie stap strompelend en wiegend in die rigting van die badkamers. Die polsende klop van die musiek en die wiegende massa mense laat haar wêreld vreeslik draai. Sy wonder hoe drie drankies haar so kan beïnvloed. ‘n Vreemde ou wat na bier en […]