Denensie nr 5
Kyk, hier is my hande saamgevou voor my prewelende stem, hoor jy my krete saggies na binne ruk? Voel jy my woorde wat hoendervleis oor die hemelwand hef? Proe jy my trane wat wanglangs drup oor niks; oor jou; oor alles en almal want jy het siels-stil geword en ek hobberend in ‘n hel van […]
Herbou my Koningkryk
My menswees beklee in siersteen en fynpleister met edelmetaal gesmee. Gebrandskilder die vensters van my vreedsame siel toe hoop my hart betree. Die plankiesheining lelieblank en lowergroen vlaktes versprei waar die geur van bloeisels en die vredesbries ons liefde kom verklank. Die vuurtjie het nog warm in die kaggel gerus toe jou woedebui dit ylings […]
Vesuvius sindroom
Uitbarsting en verwoesting GESAAI deur die vuurtong wat nie gekeer kom wanneer lawa woorde se seer alles oorstroom en laat wegsink in verdrinking Bly jy oor in niks meer as blote as wat wegwaai in die na-ramp wind
Roet
Dit laag nes roet op mens se gemoed die neerlae en teëspoed Laag na laag kenmerk met vervaag mens se lewenskrag tot traag Dit donker in vele skakerings die mens se siels rimpelings tot spielglad oppervlak Die las trek ons af met n grote krag tot in ons graf
DAAR’S ‘N KAMER IN MY HUIS
Daar’s ‘n kamer in my huis waar die son nooit skyn Dis die kamer in my huis waar my hart verdwyn Daar’s ‘n kamer in my huis maar die deur is gesluit En die sleutel van die kamer is die liefde van my bruid Daar’s ‘n kamer in my huis Waar die donker bly Want […]
kers-fees
stille nag, Heilige nag terwyl almal op kersvader wag gooi nog ‘n drankie in die glas só kry ons nuwe krag.
In die lig van ń sterwende maan
Een aand op ń verlate strand het jy die aandster vir my gegee saggies gesê – “o bliksem maar die liefde brand” – en trane uit jou oë gevee Die sekelmaan het koepelboog oor ons naaktheid gehang Onder sterrereën se skitter-oog het ons geswig voor liefdesdrang Met asem sag soos môredou en lippe alomdeur my […]
dapper stapper
liep-lapper-jas kersvader dra tas sy baard trek sommer los want hy loer te veel na die kos sy magie skraps bedek met baadjie sy stem rafel uit met sy droë liedjie kinders dans om op sy skoot te sit eers daar wil hul net huil en gil sy rook asem stoot hulle af growwe hande […]
Jakob polemiek – ag, poletiek…
Vet vingers vroetel in die koffers “Al wat mens is hou jou bêk ek necklace jul soos Winny en skenk jul as my offers!” Onder brûe en in gehuggies lê daar basies, talle nasies… en hy lag he-he, en hy lag he-he Ja die maan skyn so helder op sy bleskol en hy voel bogerol […]
Supermaansiel
Jý het verstaan, hier waar ek nou staan traanloos onder nog ‘n supermaan het jý uit die bloute sommernet verstaan; sonder oordeel of waan my angstigheid toegesirkel in jou eie naakte sekelmaan gebroke het ek (of ons) met heelwit vlerke probeer vlug; sentimenteel wou ek minute aftel tussen naelstring en skoenlapper – maar monoklinamies het […]