Nooit Weer
Nooit Weer! Die stormseegolwe in jou gemoed is uitgewoed en het bedaar en die hart se onstuimige donderslae is herstel tot sy kalm ritmiese klop, want jy het vrede gemaak dat die verhouding vir altyd verby is en merk ‘n wit vredesduif uitgelaat sweef verby in die bloulug van jou oë en die reënboog oorspan […]
Jy vertel my
Wanneer ek terugkyk deur die vensters van stukkies onthou staan ek verwaaid in die woestyn’korrels oor gedagtes van jou Loop jy kronkelpaaie deur my hart se gange jy vertel my van die maan se lag jy vertel my van die druppels dou jy vertel my van die diepste blou Waar skatte in my oӫ verskadu […]
Staan blootshoof ʼn leuen….
Ek het vir jou gevra, hoe seker is jy? Jy het gesê, die verlede is verby Sag slaak ek ʼn sug van verligting en raak weer bly maar deur die stralende son staan blootshoof ʼn leuen…. Myle het ek gery, voet in die hoek die spietkop gil en bande rol voort gedagtes strek ver, verder […]
transkaroo
jou naam bruis in die warm rooi bloed wat klop en klop soos die trein se wiele tik-tak tik-tak al nader na die kaap in my waansin en jou rare dwaasheid ontvang hierdie bloederige veer van ‘n wit duif wat gesneuwel het … voor jou skoonheid
Dit kon ek of jy gewees het
Op die openingsblad van ’n video greep op die sosiale netwerk waar ek soms rondblaai, lê daar iets in die palm van ‘n man se hand wat net soos ‘n bok se ingewande lyk. Ek druk die “speel” merkie op die skerm en skielik is die beeld duidelik en met die kamera se naderskoot wriemel […]
Flenter kompas
Die son hang oranje-laag in my winter boom geraamte ‘n Irriterende en bytende kol muggies spookasem oor elke gedagte In myself gekeer Emosioneel struikelend en ‘n hart wat begeer Keer ek terug na die ou bouval Waar ek snags kan rus onder die knipoog heelal Uittand baksteenmure van ‘n eens wonderlike lugkasteel Nou ‘n ou […]
Die reuk van opstanding
Waar mǒre vӗr-vӗr oor die golwe tuur tower op ‘n vrolike spel van sonnelus na ‘n pikswart nag En ek roei en ek roei verder in my platboot’ skuit oor my slaap tot anderkant uit Verby dryf vӗr verder weg van my al’s wat agterbly is vir altyd verby ….die een gedagte bly by my […]
Bloed-voos
Kanker-vrot-vretende wortels van verwerping pluk stukke vleis uit my siel se seer Vertroue word verpletter en met bloedspatsels gesmyt op die grond neer Geroeste doringdraad lemme en stukke vleis peel uit die wond Waar die allesvretende vraat lag met ‘n bevlekte mond Iewers wapper ‘n flenter-voos selfbeeld soos ‘n plastiek sak aan ‘n doringtak Geloof, […]
Besope
uit wingerdstok getap die sap van sy ondergang vloei soos fluveel deur sy are tot kop en hart bedaar vloei soos lawa oor die aarde waar die mense van sy hart vlug vir veiligheid vir hulself vir hom uit die ryp ronde vrug sy wysheid en insig oorvloed sy rede, sy integriteit versuip hy als […]
Paradoks
Vir ‘n oomblik kon ek my hart buite my hoor klop Vir ‘n oomblik was my hart weer op ‘n plek waar net ‘n kind sin kan wees Vir ‘n oomblik het ek buite my mure rond gedwaal Vir ‘n oomblik het ‘n vreemdeling bekend gevoel n oomblik was genoeg om alles te verander Vir […]