Spookkrappies
Waarom sku ons soms weg van die daghelderlig deur te vroetel met werk, gedagtes en plig? Omdat ons nie werklik wil kyk hoe verlange diep binne ons lyk? Want gaan ek lê, jaag die donker al my mooi drome weg met as droesem verlange aan vals gisters geheg net omdat ek so bittergraag wou dat […]
Onthou jy nog?
Onthou jy nog die trippe-trappe-trone, die tiekies en die krone dalk nog leggend in jou brein se hekel met refrein? Onthou dan ook die hofmaak, die ploeg met liefde in die braak; heilige ontwakenheid wat was en is, sal wees – ‘n ewigheid se lief vir jou!
Bloot menslik
ons is almal maar net mense ons maak foute ons kry seer stamp ons koppe kwes ons harte te onbeholpe, om te leer en ons krenk mekaar se egos ons kan onsself nie keer staan dan skansloos teen die terughou met bitter min, of klein verweer ons is almal maar net mense ons het letsels […]
Hunkerdroom
Waar slaap oor my kombers en drome my insluk, wandel ek in hunker met hoop. More wink my nader terwyl die son oogknip-knip en nog deurmekaar haar, met slaap in die oog na bo strompel en yl glimlag, want later sal haar strale skater. My hunkerdroom ontvou in beelde van jou, van nou en ek […]
Anders stil
Binne my is dit stil selfs my gedagtes se eggo’s ontbreek. Kalmte stap langs die stille poele en ek voel…dis anders stil. Die skadu’s speel vandag elders, verder weg van hier en nou dalk bo in die hemelblou Vrede kamp langs die harts vuur uit en ek voel…dis anders rou. ©Velma Barnard 04/08/2016
Suiderkruis
Die lug lê alkant, bokant, wolkloos bloot en die sterre skitter duisende van jare en ek? Ek dommel willoos in my sloot soos sooie voor die ploeg se skare om vars op wieke van die na-nag wind hulpeloos maar net te lê en wag en wag op tyd wat alles tydloos help ontbind; ja, selfs […]
Winter maak my koud alleen
As die ysdrup uit my sinkdak lek en die koue styf my spiere trek dan verlang ek na jou warmer land wat keersy is van my koue kant
Alles of niks
warm is my huis se glimlag wanneer jy vol berou indraf getrou sal ek jou storie volg aanbiddend my klein rol vertolk en wanneer jy weer weg is, móét ek wonder of jy hiermee groet my vrese sal ek vir jou verloën kwellinkies toor jy weg met ‘n soen ‘n rooi roos, ‘n takkie jasmyn […]
Wee die vrou
Wee die vrou wat na die sonskyn soek wat die klowe (waar dit donker is) vir ‘n bergpiek wil verruil. Sy sal huil. Wee die vrou wat hoop ~ sy sal die pad alleen moet loop. Wee haar as sy glo wee haar as sy liefhet wee haar as sy vrede vra. Sy sal haar […]
Jou Foto-album
Hoe mooi was jy, toe jy jonk was, Ma so ongelooflik mooi jou wange was so rosig jou lippe, liggies rooi. Jou hare was gelok, Mamma oor jou skouers en jou rug op die foto (toe jy 14 was) dit was baie jare terug. Jou glimlag was so soet, Mamma voor jul huis hier in […]