Witboek [Verborge]
Werwelstorm op die uitgestrekte horison het gewaai en verwoesting gebring Die gange van verlange is gelaat in pyn stof dampe gelaat – vernietigde tuin Sê vir my – dat ek altyd in jou gedagte sal bly al gaan dit soms swaar, niks kan dit verander oral waar ek gaan sien ek jou spook – jou […]
Ingebrande rappel
Sou ek maar kon om teen my pyn en seer my dieplê-verlang na jou te ban teruggrypende smagting na jou te ostraseer maar met my skommel en gewan bly steeds net jou skewe laggie in my pan
Maanlig harmonie …
die sterre fluister woorde sag sodra die dag maak plek vir nag hul skitter en blink vir ewig mooi om die hemelruim in goud te tooi die aandwind bring die groot verlang dis donker in my hart se gang ek hoor die deuntjie wat hy sing vir my, alleenmens … enkeling die maan maak lig […]
Saphira en die Dwerge in haar Berge
Saphira loop buite die kasteel rond bo-op die berg waarin deel van die kasteel geleë is. Die swart-en-bruin Feëtjie Hond het gehoop dat die vars lug haar beter sou laat voel. Maar dit help nie. Haar kop klop – Feëtjies kry nie sommer hoofpyn nie. Feëtjie Honde kry nooit hoofpyn nie. Maar dan, om deel […]
Najaarsblom
Onverwags, tog welkom, soos die aangesig van ’n najaarsblom, verskyn jy in die vaal vlaktes van my saai bestaan. In my donkerste uur verlig jy die hoeke van my siel, soos ’n lui lente dagbreek die nag van sy duisternis beroof. Sag soos somerreën, sypel jy deur die krake van my hart en breek jy […]
Rose pienk en Jakarandas pers
rose pienk en jakarandas pers ek sing vir jou ‘n bloublomvers van laventelbos en roosmaryn van lelies geel soos die son se skyn malvas bloei steeds in die bloedste rooi dis die swartoognooi wat flikkers gooi oor die heiningdraad rank haar ranke groen sy kleur haar blomme in ryp lemoen en die muurblom wat so […]
Klankloos
‘n Reier bly roerloos staan onder die bleekwit maan vormlose skadu’s kring wydsbeen om hom heen Kaalvoet dans die wind onder die winter sterre en op ‘n mank been huppel hy stoksiel alleen Staar ek na my drome in die hede in die verlede en voel hoe jy in die stiltes van my hart se […]
Sommer só ~ liefde
Wat sal ‘n mens van die liefde sê – so ongevraag kom dit somtyds oor jou pad. Só sonder dat jy daarna soek. En weet jy wat? Ek het jou lief gekry, half onwillig en so effens teen my sin. Daar was net iets aan jou íéts aan jou manier van wéés wat dit maklik […]
Sê nou …
sê nou daar was ‘n pragtig’ tuin waar feëtjies en kabouters woon waar almal altyd gelukkig is en Koning Sprokie troon sê nou daar was blomme wat altyd in massas blom en skoenlappers in elke kleur wat sing terwyl hul nader kom sê nou daar was ‘n plek waar ek jou vir myself kon hou […]
In nagedagtenis
lê hom neer aan die voete van U berg, Heer roep sy naam en laat U kranse dit in antwoord gee vly hom oor U vlaktes en valleie en laat rus hom op die golwe van U see vloei hom in U strome en riviere laat hom kronkel deur U klowe en U poort vloed […]