Sikspens-liefde …
jy gee my ‘n hart-sikspens om my geluk te koop met my blou kitaar oor my skouer sal ek die pad kaalvoet loop daar’s klippe onder my voete maar ‘n reënboog in my hart want in die toksak op my skouer het jy jou hart vir my gepak ©
Sewentig maal sewe
Soel seil jy stadig verby my sober siel terwyl ek sissend jou opslurp en later loop uit kots van suip en suip aan jou sinne en jou sagte beloftes. Soms sotlik kinderlik en sewe maal sewentig keer se sweer elke keer… siedend hoe ek sensueel sieklik raak van suip en suip aan jou sinne en […]
‘n Bankie met ‘n uitsig (‘n brief aan Shirley van Engeland)
Beste Shirley Ek sit vandag weer op ‘n bankie in die Waterberg se hart – heel bo – by die uitkykpunt, Lenong. Die son vlam teen my rug en oor Kransberg se hang. Die heuwels en valleie hou nooit op. Die pad tot hier kronkelvleg deur varings, boom en gras. Proteabos staan immervaal tot onder […]
Winterhitte
Hy weer die winterkoue uit ons handjies wat in syne saggies fyn inlas want hy’t ons lankal mos geleer dat in ons vóél die hitte van die lewe pas. So, hand-aan-hand, loop ons geselsend deur die snerpend’ kou’ oor witgerypte gras en Oupa praat die winter aan die brand met stories toe hy self ’n […]
Oggendgedig (Marakele* ~ 10 Julie 2016)
Kom sit vir ‘n oomblik hier langs my dan kyk ons na die veld en gras wat groei tussen groen doringbome hul stamme nog in donker gekwas. Die skemer is aan die verby gaan dis die sterwensuur van die nag sy vaarwelsgeskenk, ‘n ontwaking ~ die geboorte van ‘n heel nuwe dag waarin wild’seringbome se […]
Bruid van die Onpeilbare Dieptes
Liesel loop uit die huis uit, haar dun truitjie styf teen haar getrek soos die wind dit probeer steel. Daar’s net een plek waarheen sy kan gaan om beter te voel: die see. Sy loop vinnig deur die stil skemer strate. Al haar bure is besig met aandete. Sy’s seker daarvan, want dis die tipe […]
lettergreep
Ter inleiding gryp ek na spasies om semanties halwe woorde te ontleed vir beter begrip, sodat ek subteks in konteks kan hou wat die los bande tussen letters sinvol sluit, selfstandig as slot
Die eed
“In daai plek kan jy vergeet wie jy is,” vertel die Soeker die jong man. “Hoekom sal ek wil vergeet?” byt hy terug. “Trevian,” raas sy ma van die ander kant van die kamer af. “Kyk na my,” sê die ou Soeker en steek sy arms uit terwyl hy in ‘n sirkel draai. Is hierdie […]
Saphira se Onmoontlike Keuse
Die swart-en-bruin Feëtjie Hond slaak ‘n sug van verligting toe hulle haar beskermling se kasteel binnestap. Eolande lyk vir haar uitgeput na hul rondswerwinge deur die berglande. Net Cian lyk asof hy nog verfris is. Maar dan, Saphira is nie seker watter tipe Fee hy is nie. Sy ken hom al vir maande en steeds […]