Droogmond prewel
Op die verweerde winter horte van my diepste binnesluis brand warm koker vure, én daar komponeer jy dan ‘n minnesang op die nat wasems van ‘n vergete ruit Snoer jy my blanke hals in fluisterklanke – wat soos ‘n wingerd van pêrels, in violet bot omkrul my voel met rankvingers van ‘n immergroen Sag omsoom […]
Vaders van lyding
Ons seuns het die afgelope naweek my soos ‘n vreemdeling in ons huis en hul lewens laat voel met hul moeitevolle geskenke en ’n kaartjie met lofbetuiginge wat my beide hartseer en skaam gelaat het. Hoe verdien enige mens, wat nog van ’n ou soos ek, die agting en lof wat uit hul jong harte […]
My dagboek oor jou (2) …
My dagboek oor jou (2) Die koue het nog nie gewyk nie. Vanoggend se opstaan-temperatuur was 2 grade. Jinne ek wonder hoe lewe die mense in temperature van minus 48. Ek is seker ek sou dit nie kon oorleef nie. Ek en koue is nou eenmaal nie pasmaats nie. Die lekkerste van koue weer is […]
Veilige hawe
Knus pas die donker se jas om my psige wat rond tas, waar deurlating van lig slegs ‘n mite is. Selfs die ritseling van blare is ‘n droom wat net waar word in die roering van die wind, waar dit uit my longe rigting vind. Na buite, na bo verrys dit sonder stop of terugdraai, […]
Ewenaar van ons dink
soos ‘n brandsiek koud-kry brak kom huil die klam winterwasem om die huis se westehoek, dit rittel en beef en vat-vat aan die naat van my corduroy-broek maar, in die glinster van my sjerrieglas vonkel sillabes van jou dink se loop en ontbrand as weghol vure wat warm deur my are bruis; kruis en dwars […]
Miss en die perskes
Die eerste keer toe ek by daardie robot stop, ingedagte met my dagboek wat wag op my lessenaar, hop ek soos ek skrik toe hy sy droë snotneus gevreetjie by my ruit druk. Ek sien eers die vuil neus en toe die bloedrooi sakkie perskes. Hy lag vir my groot skrik. Vies kyk ek rondom […]
Somer, sal jy?
Jou stem is stil en die nanag kil, sonder jou, om aan vas te klou, met die drome van die bose . . . is nag hel, te erg om te vertel. Met trane van ys as die bewys van ‘n winternag sonder gelag, en vra hy, moet hy vir ewig ly . . . […]
n Kreef hoort in die see
ʼn Paar Desembers terug besluit ek om vir tien dae met my kinders ʼn weskus dorpie te gaan ervaar. Ons kry die eerste huisie reg by die visserskuite amper op die strand. Ons boer op die sand. Ons geniet die eenvoud van die weskus. Kinders is kinders en die drie van my speel gou saam […]
Briefie vir jou (48) …
die maande het verby gegaan en later jare geword steeds het ek in my hart geweet dat ek jou in my lewe kort toe ek een oggend wakker word was die winter skielik daar terwyl my hart yskoud voel het ek na die druppels teen die ruit gestaar hoe was dit dan moontlik hoe het […]
Vroee Winter
my bed is opgebreek en wit linne lê stuk stuk versprei tussen gister en eergister; winter is vroeg vanjaar en betoon geen genade aan my bewende hart nie, aan my bevrore hande wat nog gebaretaal met jou wil praat nie jy het stom geword, woorde soek skuiling in jou oë, onthou is nou kiekies wat […]