STILDORS (goud)
Ek pluk ‘n vrug iets soos ‘n apple of ‘n vy ryp en groen net vir my en gee dit vir jou ek kyk hoe gulsig jy eet oorhonger en vraatsig – verslind jy alles tussen jou vingers dit maak my mal jy is honger en ek * ewig dors maar jou lus stil […]
die spieëlbeeld (BRONS)
die spieëlbeeld selfbeeld is hoe jy oor jouself voel soms onwetend en nie so bedoel is dit ander se menings wat hul vel wat tog vir jou die meeste tel maar wat ander van jou dink moet nie maak dat jou ster nie blink wat ander se persepsie van jou is weeg onnodig swaar – […]
Oestyd na droogte (goud)
Het ek my verbeel of het jou kruiphand my middel omsingel — jy my lyf lankenlangs nader getrek tot duskant jou horisongrens diep verby jou ongetemde binnewand het ek my verbeel of het jou woorde te swaar geraak tussen die veldblomme wat jy in hierdie ontspoorde oestyd so gereeld in my vlegsel druk terwyl ek […]
DRINGENDE LEES ASB ALLE LEDE: Radio blootstelling vir INK en INK-lede
Beste INKers ‘n Ongelooflike voorreg het ons beval waar Kriel 95.5 FM vir ons ‘n uitsaaispasie gemaak het. Dit bied ons die geleentheid om INK bekend te stel en aan elke lid en hul werk lugtyd te bied. Eduard Smith sal vir ons die uitsending waarneem en gaan poog om nie net INK nie, maar […]
Uitslae en kommentaar Augustus 2020 OOP-projek
Baie geluk aan hierdie 8 lede! WENNERS: GEDIGTE GOUD (1) 21 Anzé Bezuidenhout met Onsigbare pyn (2) 22 Anzé Bezuidenhout met Die lied van die reën (3) 11 Caren Kearley met Metamorfoos GEDIGTE SILWER (1) 10 Morné du Preez met ‘’n Offerhand by die kampvuur (2) 2 Morné du Preez met Ars Poetica (3) 20 […]
Oktober 2020 OOP-projek
Beste INKers Oktobermaand bring weer `n oop kategorie en daarom het jy as skrywer vrye teuels. Daar is GEEN voorskrifte vir: Gedigte Gorrel Rubriek Artikel Verhale, nie. Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk. Luister asseblief ook vanaf Sondag 4 Oktober 2020 (om en by 12h15) na http://mytunes.co.za/ vir […]
WAT IS DIT?
WAT IS DIT? (Brons) ‘n Ma smeer altyd bietjie spoegies aan haar kind se wonde. Boonop gee sy haar liggaam en haar tyd vier-en-twintig-sewe vir hulle op. Sy leen ‘n oor aan haar man se geselsies, of soms selfs die gekerm of kla. Haar vrinne dié sien haar ook soms. Sy bestee haar tyd selfs […]
Bedwelm deur liefde
Volgens Carolyn Gregoire is liefde eintlik niks meer as ’n dwelm nie. Dit het al die eienskappe om jou hoog tussen die sterre te gooi sowel as om jou kop onder slik te hou totdat jy spartelend in trane en seer-bitterheid versuip. Liefde maak jou obsessief, trek jou aandag af, laat jou droomverlore die vlaktes […]
INK DIGKOMPETISIE 2020 (1 Maart 2020 – 30 September 2020 )
Ink Skryf in Afrikaans ( www.ink.org.za ) bied hierdie jaar ‘n digkompetisie aan waarvan die beste gedigte in ‘n spog bloemlesing, INKSPRAAK I, gepubliseer gaan word. Daarna word beoog om elke jaar verdere bloemlesings te publiseer. Die INKSPRAAK bloemlesing sal direk na die gala aand te koop aangebied word aan die digters en belangstellendes. (Prys […]
Ek wil lewe (goud)
Vat my enige plek saam met jou enige plek weg van hier enige plek waar vergeet kan verlig ‘n plek met purper plesierighede soos in die mik van jou arms of oor die heuwels van jou heupe waar jou hande veilig oor my kan veld ‘n plek waar buite ‘n binneding raak waar net ek […]