Waar liefde is, is lewe
Mahatma Ghandi het geskryf, “Where there is love there is life.” Wys my die mens wat sonder liefde WIL lewe en ek wys jou ’n leuenaar. Niemand, nie eens die grootste hardekwas, grootbek-lawaaimaker wil doelbewus ’n lewe sonder liefde hê nie. Almal vra tog na deernis en omgee, al is dit hoe onopsigtelik. Boonop is […]
Julie 2020 – Klanknabootsing (Onomatopee) projek – uitslae en kommentaar
Baie geluk aan hierdie 9 lede! WENNERS GEDIGTE: BRONS: 1. No. 20 Annamarie vd Merwe met Nonnetjie 2. No. 16 Marlene Erasmus met Nuwe seisoen 3. No. 15 + No. 22 Marlene Erasmus met Rooi stewels & Cornien Naude met U stuur ‘’n lemoenduifie SILWER: 1. No. 12 Amanda Meyer De Meillon met Droomland 2. […]
September 2020 – Liefdes-projek
Beste INKers Hierdie maand ondersoek ons die Liefdesgedig/Liefde/Ode/Loflied. Daar is geen verdere voorskrifte in enige van die afdelings nie behalwe dat dit voldoen aan die tema. (Liefde/Ode/Loflied) GEDIGTE: Skryf ‘n liefdesgedig/Ode. Dit hoef nie noodwendig aan ‘n ander persoon te wees nie. Wees kreatief. Geen verdere voorskrifte nie. GORREL: Praat gerus oor die liefde, en […]
soos gras (BRONS)
soos gras vanoggend is ek stil verslae vol heimwee my dikke poppie-hond lê hier neffens my voete my beker vol boeretroos stomend in my hand my orgideë kyk vir my waar ek stil sit en kyk oor groen gras en geel veldgrasse die trane maak spoortjies oor my wange ek sit en dink in die […]
VROUEMAAND – ‘n Gorrel vir ‘n Vrou
VROUEMAAND ‘n Gorrel vir ‘n Vrou (Brons) As kind kon ek nie wag om eendag ‘n vrou te wees nie, want ek wou tog my eie keuses maak, my eie uiteinde kies. Nou is dit daardie keuses wat mens tot allerhande ander goed lei. Deesdae vra ek myself – wat is vrouwees regtig? Dis nie […]
HAAR BREINGEWAS GAAN GRYS IN MEI – asook in Vrouemaand
HAAR BREINGEWAS GAAN GRYS IN MEI (Brons) (Artikel gepubliseer – Maroela Media & Republikein. Vir vrouemaand is sy weereens die perfekte heldin.) Dit was die begin van die einde van ’n lewe soos sy dit geken het. Met Sylvia Lewis, née Faber (toe 31jaar oud) se eerste konvulsie het sy nog nie geweet wat die […]
VITAMIEN VRIENDE
VITAMIEN VRIENDE (Brons) sommige vriende is soos energie vitamiene in die oggend hulle gee jou ‘n ekstra huppel in jou stap ‘n bietjie meer vooma in die lewe sommige vriende is soos sonskyn in winter wat prikkel op jou vel terwyl die winterkoue jou aan jou enkels byt gee hulle jou meer as net ‘n […]
METAMORFLOOS (goud)
môre stap ons weer oor ‘n onbekende pad saam met bekende vreemdelinge verby ongedefinieerde oomblike deur ‘n woud vol sekelbos en doring takke en luister na ongehoorde klanke saam met jakkals, klip en ander nomadiese nommers en probeer meerdimensioneel wees in die illusie van ons bestaan asof ons grense met gemak kon gister asof ek […]
Binnedisse
sag sluip dit deur jou are jaar na jaar dieselfde bloed in dieselfde mense met ‘n hartklop, ‘n asem en duisende drentelente gedagtes buite buig almal al te graag saam jy verduidelik hoekom dieselfde mens nou so anders lyk maar jou hart ruk nog ‘n binne-ding uit ‘n lyk en ‘n paar skerwe jy staar […]