Korrels
Die oppervlak van hierdie uur het binne haar oopgebars en alles wat in haar rondgedryf het, het na buite gespoel haar lag, haar leed, haar liefde, sewe trane en ‘n halwe hart (jy was ook daar) met koue vingers het sy die flenters op ‘n hoop geskraap een-vir-een die skerwe deur die sandglas se mond […]
Blou Dinsdag
(goud) toe… het sy elke groot en klein verdriet in haar twee palms uitgegiet; dit fyn, en fyn, en fyn gemaal – soos duinesand wat aswit vaal haar hande sag tot vuis gemaak bo, waar die uurglas nounek raak en al die seer daarin laat loop met net een enkel, skrale hoop […]
22 Februarie – Vrydagoggend
dis agtuur in die môre en die maan hang soos ‘n wit klip in die lug; duiwe flikkervlerk in kringe – soheentoe en t’rug die kwikstert trippel langs die geute teen die dak; in die ou boom met die skilferbas klou ’n muisvoël aan ’n doringtak van ver af kom ’n kolgans aan (hy vlieg […]
Middernag se lawwe vers
O my liefste lief ek laat my woorde vir jou sing ek werp klippies op die water en laat die golfies na jou kring. Môre bring ek appels en soet rosyne (sommer net) en sê dalk vir die eerste keer hoe lief ek vir jou het. O my liefste lief as jou oë so na […]
Sykouse ala kaaps
Kyk nê, ek het nog altyd gewonder waar Pieter Pieterse sy wonderlike inspirasie vandaan kry! Na ‘n paar dae hier in Jeffreys ervaar ek inspirasie soos nog nooit vantevore nie. Hier word die skrywer in jou wakker gemaak deur die landskap en die kleurvolste mense ooit. Hulle loop oor van vriendelikheid. Hulle sêgoed verstom my. […]
PASSIEVOL
PASSIEVOL Passievol liefdevol my gedagtes het met my weggehol ek voel saam met jou verlore in my stomende drome lê ons styf en warm teen mekaar in my arm maar darem is ons liefde vuurwarm ek wil saam met jou leef en baie hoog sweef net soos die blou en wit wolke op ‘n sagte […]
MY BOODSKAP
MY BOODSKAP In die oggend voor ek opstaan flikker al die liggies op my selfoon wat almal gestuur het op my foon ek lees die boodskappe op my foon ek hoop om van jou te hoor my hart klop vinnig in my keel ek voel sommer baie bly om ñ booskap van jou af tekry […]
Party sou seker sê: “Hulle tyd het uitgeloop.”
(goud) In Blyvooruitzigt, Carletonville het Hettie menig uur verspil deur na die krake in die muur te kyk. Elke bars se loop het sy sorgvuldig nagegaan ook elke stoeppilaar se val of (nog) wankelende staan. Oor die onderdeur het sy geloer na die gat daar in haar agtertuin – of dit groter […]