Rooi lippe
Kom ons praat bietjie vandag oor die befaamde rooi lippe. Daar is soveel persepsies oor ‘n vrou met rooi lippe. Persepsies van mans oor vroue wat rooi lippe dra, en persepsies van vroue oor dames wat rooi lippe dra. As ons nou by die mans se persepsies sal begin, die meeste van hulle verstaan glad […]
Black hole (Silwer)
Black hole Iewers diep blink Melkweg-silwer, – of is dit sellofaan – en verder in die atmosfeer skyn sterrekrale, kopersente, lyk iets soos Orion se belt, die diereriem se sfeer! Daar’s ‘n groot wit pil, of is dit die maan. Met kapsules in wentelbane, frommels snesiewolke inforseer, ‘n appelplaneet en kosmetiekkomeet. In ‘n astronomies beknopte […]
Vryheid van sang
as sy nie mag vlieg nie, laat haar sing knip haar vlerke as jy wil of stel die grense geografies (maak die berge hemelhoog) of bou ‘n kou om haar uit stok of staal maar doof tog nooit haar stem nie laat haar lied hoër as die wolke styg en oor alle velde daal as […]
Hillbrow Blues
Om die hoeke van Hillbrow huil die wind ‘n lee wiegie , ‘n weggooi kind ‘n doolhof van duiwels in walms en rook verslaaf aan die ridders wat nag lank bly spook Jou liggaam verpand en jou arms bly leeg net ‘n koorsige nag in ‘n vuil Hillbrow steeg Jou lewe verwoes vir ‘n penning […]
Jy Is Vróú
My liefde vou jou toe net soos my vel my lyf bedek, my liefde asem oor jou soos die vlamme aan die fynhout lek My liefde is ‘n koue vuur wat jou verlig maar nie verteer My liefde is ‘n warm jas wat jou beskerm teen die seer My liefde is ‘n bloedrooi roos wat […]
Ongeskrewe
ek wil so graag nog eenmaal weer ’n mooi vers vir jou skryf maar nou vlam jou omdraai en jou weggaan soos ’n vuur deur al die are van my lyf my hande huiwer vir ’n oomblik bo my foon se alfabet maar net voor ek aan die letters raak word my vingers stom en […]
Dampraatjies
“Wag, ek moet julle díé vertel.” groet Hettie Welgemoed haar kletsvrinne. Sy is skoon uitasem van die vinnig stap na die bankie onder die wilgerboom by die eendedam. Dis Saterdag-agtermiddag, en die kletsvrinne kom oudergewoonte bymekaar om nuus uit te ruil oor ʼn glasie wyn of iets. Hulle kuier wel heeldag en aldag oor en […]
HERINNERING
HERINNERING Nog self maar kind toe liefde bloei en wortelskiet diep in my wese my buik en borste maanrond groei tog ingegrens fladder nuwe vrese. Laggend om my, geliefdes vrolik sagte geskenkies en piepklein kleertjies onsekerheid wat onderlangs ver-olik ongeduld voelbaar in die voeteveertjies. Maar toe was alles vreeslik deurmekaar… skreeuende jaagtog deur die stille […]
MOEG
Wil Facebook al weer weet: What’s on your mind? Ek is so flippen besig dat ek al vergeet het ek HET ‘n mind!! Ek was vloere, ek kook, ek was wasgoed Ek raas omdat die skoon goed nie weg gepak word nie Ek moun oor vuil kamers Ek was skottelgoed, ek kook Ek verduidelik Wiskunde […]
Môre se pad
As ek my môres kon mooimaak in nou se hart sou ek eers wag tot ons dryfsand stilraak in die uurglas; sodat ek net een heel korrel van daardie aand kan verewig voordat jou halfsirkels my toegroei en ek vergete in jou verlorenheid val ek sou tyd nie toelaat om leeg te loop oor my […]