Strandfontein
(goud) Ek wil weer een oggend langs jou weskus sit en mosbeskuit in my koffie doop; hoor hoedat branders teen jou lang strand breek en ’n myl of twee deur die wit mis loop. As die nag verby is en die dag ontwaak (om kraakdelikaat aan my vel te raak) – wil ek jou see […]
VEG OF VLUG
“Goeie dôner, Emma, het jy nou wragtag gedink ek gaan jou nie herken nie?” Die woorde galm in haar ore. Sy was dan so seker dat sy dit vanaand sal vryspring. Koue rillings gly op en af met haar rug. Wanneer het dit dan alles so verander? Wie het wanneer haar vrede kom steel? Was […]
bokkie kom terug!
meisie my meisie bly by my hoe lief het ek jou my skat trane snik ek huil vir jou my meisie is op daai trein transkaroo johannesburg laatnag trein se fluit skree seer is my hart het ek haar lief ek huil my meisie los my sy is op daai middernag trein vergewe my kom […]
‘n Vrou van formaat
‘n Vrou van formaat Dit is 25 Oktober 1908. Toe ek in my beste uitrusting by Mnr Smith se winkel aankom was daar reeds ‘n groepie mense voor die ingang vergader. My hart klop onstuimig en my hande sweet so effe. Ek verstel die gaas sluiertjie van my modieuse hoedjie so effe en stryk die […]
Vier Seisoene vrou
“somer en herfs en winter trek in wye onafgebroke wisseling deur die land, maar sy bly draer van die lente want liefde het haar verhef bo die getye” in die glinster van vroegoggend odu lê die blink van my trane gedruppel vloei my asem op die melodie van die wind wanneer my glimlag saam met […]
OPGEDRA AAN VROUENS SODRA JY DINK
OPGEDRA AAN VROUENS SODRA JY DINK Net sodra jy dink het jy dalk iets goed gevind kry jy die grootste skok jy is alreeds gefop sak jou enigste bietjie moed jy voel nie meer so baie goed dit maak ‘n mens onsteld dit het ook niks gehelp dit was nie die moeite werd doodmoeg vir […]
Latente lente
Waarom sou die Kaapse lente hierdie jaar soos winter voel; waarom sou sy plant en dier verkluim? Dalk het sy ’n eed’le doel wat sy verborge hou – soos ’n verruklike, maar baie diep geheim. Want tot dusver is die voorjaar bloot canolageel karosse; die son is net ’n silwer bal wat êrens (verby flenterwolke) […]
Liewers dood as uit die mode!
September is toe nie net die begin van die lente nie, maar ook ‘n hernude geleentheid om aandag aan die modes van die dag te gee. Daardie einste modes waarvan ek steeds nie weet wie dit uitdink nie, en hoe hy/sy die derduisende blinde, skaapagtige mense kan oorreed om hulself soms geheel en al belaglik […]
ARS POETICA SENSUELE VROU
ARS POETICA SENSUELE VROU Jou stem fluister sagkens in my ore sing soos ‘n melodie in waterstrome haarlokke soos die goue geel sonstrale vloeiende kurwes oor berge en dale asemrowende figuur waarna ek smag tussen rooi roosblare lê jy so sag ek voel jou stomende warm asem die liefdespel is toe gewasem leef nou in […]
OPGEDRA AAN VROUE WOEDEND
OPGEDRA AAN VROUE WOEDEND Maak mens woedend kokend stomend waar gaan die wêreld heen dit is net vir ons geleen hoe kan jy so iets doen alles is alweer oordoen met jou groot gladde bek is jy net stapelgek wat het jy verwag die lewe het ‘n slag waarheen jou paadjie gaan jy is besig […]